Skryfnet: Skryf ʼn mediaverklaring wat die nuus haal

Argieffoto

Sukkel jy om jou produk of diens te bemark omdat jou mediaverklaring nooit die nuus haal nie? Twyfel jy of dit ooit nog ʼn goeie idee is om mediaverklarings uit te stuur?

Ons het die perfekte oplossing en antwoord  vir jou.

Skryfnet, die Afrikaanse skryfskool, bied binnekort ʼn aanlyn oggendwerkswinkel aan waar jy kan leer presies hoe om die perfekte mediaverklaring te skryf.

Dr. Thalyta Swanepoel, ʼn dosent in joernalistiek en mediaskakeling aan die Noordwes-Universiteit en ʼn voormalige joernalis en kommunikasiepraktisyn, het dié praktiese werksessie spesiaal ontwikkel vir diegene wat kleitrap.

Dit sal regstreeks aanlyn aangebied word en deelnemers toerus met die nodige kennis en praktiese vaardighede om in-die-kol‑mediaverklarings te skryf, wat nuusredakteurs se aandag sal trek en nie in hul snippermandjies sal beland nie.

Skryf ʼn Mediaverklaring is ook nie net ʼn teoretiese kursus nie; Swanepoel sal deelnemers aan die hand van hulle eie mediavrystellings lei om treffender kopie te skryf.

Esté Meyer Jansen, inhoudsredakteur van Maroela Media, sal ook kortliks haar ervaring deel en verduidelik hoe redakteurs besluite neem oor die plasing van mediaverklarings.

As jy ʼn kommunikasiepraktisyn of entrepreneur is wat graag vir jou kliënte of onderneming meer blootstelling wil gee, is hierdie werkswinkel ʼn moet.

Dié regstreekse sessie is Skryfnet se eerste kursus vir die professionele mark en vind op 4 November van 09:00 tot 13:00 plaas.

skryfnet-mediaverklaring-horisontaal.jpegOm jou plek te bespreek, klik hier. Sodra die registrasieproses afgehandel is, sal ʼn e-pos met verdere inligting deurgegee word om by die aanlyn sessie in te skakel en ʼn bestaande mediaverklaring as voorbeeld in te dien.

Deelnemers wat die werksessie voltooi, ontvang ʼn sertifikaat van Akademia. Inskrywings sluit op 2 November. Die koste beloop R470 per persoon. Afslag is beskikbaar vir groot groepbesprekings.

Besoek ook Skryfnet se webblad vir meer inligting en antwoorde op gereelde vrae.

Skryfnet is ʼn projek deur Maroela Media en Akademia.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.