Stem en wen: Help kies Maroela se Somerbruid

Dis ʼn groot voorreg om die liefde van jou lewe te ontmoet – en ʼn groter voorreg as julle trou aan mekaar kan beloof.

Maroela Media gaan met elke seisoen ʼn seisoenebruid aankondig en aan die einde van die jaar gaan ons lesers ook die geleentheid kry om die Bruid van die Jaar aan te wys.

Paartjies wat tussen Desember 2021 en Februarie 2022 getrou het, het vir die Somerbruid in aanmerking gekom.

Uit honderde inskrywings moes ʼn beoordelaarspaneel behoorlik kopkrap – dis duidelik dat Afrikaanse meisies die mooiste bruide maak! Ons het die top-10 Somerbruide saamgestel en nou wil ons by julle, ons lesers, hoor watter een van dié mooie bruide moet as die Somerbruid aangewys word en uiteindelik deurdring na die finale ronde as Maroela se Bruid van die Jaar.

Ons gaan deur die loop van die jaar ook ʼn Herfsbruid (troues in Maart – Mei 2022), Winterbruid (troues in Junie – Augustus 2022) en Lentebruid (September – November 2022) aanwys. Hou dus Maroela dop as jy wil seker maak jy skryf vir dié opwindende kompetisie in!

Stem en wen

As jy deelneem aan die stemmery vir die Somerbruid, staan jy die kans om ʼn heerlike Tupperware-geskenkpak te wen. Laat weet ons voor 27 Maart 2022 wie jóú gunsteling is uit die top-10-Somerbruide.

Jy kan tydens die stemproses van elke seisoenebruid in aanmerking kom vir ʼn Tupperware-geskenkpak ter waarde van R5 500.

Dié wonderlike geskenkpak sluit in ʼn mikrogolf- vinnige koker (ter waarde van R1 999), ʼn kruieknipper (R459), ʼn “Signature Line”-stel (vier verskillende groottes) (R1 686), ʼn VentSmart High-stel (R499), ʼn “Click Series”-stel (R500) en ʼn geskenkbewys wat jy aanlyn in Tupperware se winkel kan gebruik ter waarde van R500.

Hier is die top-10 Somerbruide

Die uiteindelike wenner van ons Somerbruid-kompetisie wen twee nagte vir twee persone wat deel by die Finfoot Lake Reserve in Rustenburg, Noordwes (insluitend aandete en ontbyt) met die komplimente van Dream Hotels and Resorts.

  • Larouchelle Vermaak

Larouchelle en Craig van Pretoria het op 8 Januarie 2022 by Bell Amour getrou.

“Dit was ʼn prentjiemooi dag. Ons groot dag was geseën met oggendreën en ʼn skemer sonsondergang. Ons het ons dansbaan geopen met die son wat so mooi agter ons sak. Bell Amour het ʼn French Provincial-styl wat ongelooflik mooi ingepas het by ons troue se kleure (mosgroen, wynrooi en donkerblou). Daar was baie blomme op die troue wat net ons prentjie help inkleur het. Ons was geseënd om al ons vriende en familie op ons groot dag by ons te kon hê. Ek sal niks van ons troue wil verander nie.”

  • Emelia le Roux

Emelia en Donavan van Meyerton het op 22 Januarie by Zomerlust Country Estate getrou.

“ʼn Dag vol van lag, liefde, emosie en blydskap. Ons het gesing, gedans, gebid, gehuil en gelag. Dit was ʼn dag wat ons vir niks sal wil verruil nie! Elke oomblik saam met mekaar en ons vriende en familie was so kosbaar en ʼn fees. Dit was sprokiesmooi met ʼn bietjie plaas. Dit was ongelooflik om op ons spesiale dag die Here so naby ons te voel.”

  • Anri Jahns

Anri en Lohann van Lichtenburg het op 4 Desember 2021 by Uurpan Wedding Venue getrou.

“Dit was ʼn dag vol onbeskryflike seën met die reën wat heeldag geval het. Ons troudag was vol emosies, baie vreugde en baie liefde. Die dag het ons verwagtinge oortref en sal dit nie anders wou gehad het nie.”

  • Chanelle van Dyk

Chanelle en JJ Marx van ʼn plaas tussen Brandfort en Bultfontein in die Vrystaat het op 5 Februarie by Leopards & Lace getrou.

“Ons het so lank gewag vir ons spesiaalste dag! Met Covid-19 wat so erg was, moes ons dit met ʼn jaar uitstel. Baie reën is voorspel en dit was senutergend, maar alles het uiteindelik goed uitgewerk! Alles was net so perfek: die seremonie, venue, kos, fotograwe en almal wat deel was van ons memories! Dankie vir almal wat hierdie dag moontlik gemaak het.”

  • Jana de Wet

Jana en Janru van Klerksdorp het op 26 Februarie by Diamond Hill Venue getrou.

“Nes ʼn sprokiesverhaal!”

  • Misha Crouse

Misha en Martin van Port Elizabeth het op 4 Desember by The Woods getrou.

“Onverwags en onbepland het hy met Bar One-sjokolades in my lewe ingestap. Ons kon nog altyd ons passie vir musiek saam uitleef. Ons het die onbekende Asië saam gaan verken en ʼn beter lewensgenoot kon ek nie voor vra nie! Spesiale trou-oomblikke is omtrent baie as jy met die man van jou drome trou. Die groot oomblik toe ek hom voor die kansel sien met trane in sy oë, die somer misreën van seën wat ons ontvang het tydens die seremonie en prentjiemooi koringlande is maar net ʼn paar. Ons onthaal het hartroerende asook skreeusnaakse oomblikke gehad – elke tafel het ʼn genomineerde persoon gehad wat die tafel moes verteenwoordig in die speletjie musical chairs. Spelers moes elkeen ʼn sekere item by hul tafel gaan haal en so gou moontlik terugkeer. Dit was vet pret en beslis ʼn spesiale dag!”

  • Clareta Cloete

Clareta en Bradley Boschman van Eersterivier het op 29 Januarie by Elim in die Overberg getrou.

“Dit het gevoel soos ʼn droom – dié dag waarvoor jy so lank gewag het, het so vinnig verbygegaan, maar ons as paartjie het alles geniet. Dit was die perfekte dag vir ons!”

  • Eske Lombard

Eske en Justin van George het op 11 Desember by De Opstal getrou.

“Ons kon nie vir ʼn beter troudag gevra het nie, God het al ons verwagtinge oortref! Elke oomblik was kosbaar, en om al ons vriende en familie daar te kon hê, het dit soveel meer kosbaar gemaak; die perfekte afsluiting vir 2021. Die perfekte sprokiesvenue, mooi sonskyn, warm weer en vriende en familie wat saam met ons ons nuwe begin as die Lombards kon vier.”

  • Nthabeleng Leburu

Nthabeleng en Mackenzie van Pretoria het op 18 Desember by De Nada Venue getrou.

“Ons troudag was baie mooi en spesiaal want ek het met my beste vriend getrou – ons is al nege jaar saam! Ons dekor was pragtig, die kos was heerlik, almal wat by ons troue was, het ook baie mooi gelyk. Alles het baie mooi verloop, net soos ons dit beplan het. Dit was stylvol, elegant en baie mooi. Dit was lekker om ons spesiale dag met familie en vriende te vier! Dit was regtig ons perfekte troue.”

  • Marelise Visser

Marelise en Morné van Polokwane het op 15 Januarie by Rosemary Hill Farm getrou.

“Dit het begin as ʼn koel, bewolkte dag en word toe die mooiste, sonnige dag vol liefde en lag. Die manne het saam met die pa’s gekuier in die oggend en die meisies saam met die ma’s. Tot dit tyd was vir aantrek. Alles het so mooi verloop. Met ‘n pa wat die vorige dag uit die hospitaal ontslaan is met nierstene, was my senuwees maar bietjie op hol! Gelukkig kon ek ontspan toe my pa wel daar kon wees. Die kerkie was buite in die opelug op ‘n werkende plaas vir roosmaryn en laventel. ‘n Pragtige doolhof het gedien as die ideale plek om ons troukoek te sny en vir die gaste om voorgereg te geniet terwyl ons foto’s neem. Die plaas se skuur het gedien as onthaallokaal en was pragtig versier met feetjieliggies en blomme. Net perfek. So dankbaar vir ʼn perfekte en pragtige troue!”

Stem nou

Oops! We could not locate your form.

Bepalings en voorwaardes

  • Die sluitingsdatum om vir die Somerbruid te stem is 27 Maart 2022 om 23:45.
  • Die wenner van die Tupperware-geskenkpak sal lukraak uit alle stemme gekies word.
  • Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • As jy aan die stemmery deelneem, stem jy in dat jou naam op Maroela Media se webwerf bekendgemaak mag word indien jy as een die wenner van die Tupperware-geskenkpak aangewys word.
  • Maroela Media kan nie aanspreeklikheid aanvaar as jou inskrywing vir een of ander tegniese rede ons nie betyds bereik nie.
  • Die prys(e) kan nie vir kontant omgeruil word nie.
  • Maroela Media sal die wenner kontak en jou fisiese adres bekom sodat die geskenkpak aan jou gestuur kan word.
  • Maroela Media en Tupperware kan nie aanspreeklikheid aanvaar vir enige skade of verlies wat jy mag ly wanneer jy van die geskenkpak gebruik maak nie.
  • Inskrywings vir die Herfsbruid sal plaasvind tussen Maart en Mei 2022, inskrywings vir die Winterbruid sal plaasvind tussen Junie en Augustus 2022, en inskrywings vir die Lentebruid sal plaasvind tussen September en November 2022. Inligting en inskrywingsvorms hiervoor sal deur die loop van die jaar op Maroela Media bekendgemaak word. Jy kan ook die Kompetisie-afdeling dophou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.