Sterilisasieprojek help honderde Khayelitsha-honde

Dr. Karin Hodson (Foto: Verskaf)

Vier dierewelsynsorganisasies het kragte saamgesnoer om ʼn baanbrekende sterilisasieprojek in Khayelitsha, ʼn nedersetting by Kaapstad, van stapel te stuur. Dié projek beoog om 500 honde van 6 Februarie tot in die middel van Maart te steriliseer.

Die organisasies wil so help om oorbevolking in die nedersetting, wat reeds die tuiste van byna 300 000 diere is, hok te slaan. Dr. Annelize Roos, ʼn veearts van EnviroVet CVC het die Nasionale Sterilisasieprojek (NSP) en Dancers Love Dogs genader vir finansiering. Die Mdzananda-dierekliniek en EnviroVet CVC by Mdzananda se hospitaal in Khayelitsha sal die sterilisasies uitvoer.

“Hierdie poging sal beslis ʼn positiewe impak op troeteldiere in Khayelitsha hê,” sê Roos.

Sr. Heidi May, hoofbestuurder van die Mdzananda-dierekliniek, sê dat die projek bydra tot die toewyding aan dierewelsyn in die omgewing.

Volgens May word ongeveer 16 hondjies in een jaar gebore as een tefie nie gesteriliseer word nie. Met 500 sterilisasies word die geboorte van ongeveer 8 000 ongewenste hondjies voorkom.

Dr. Brian Bergman (Foto: Verskaf)

Inwoners van Khayelitsha word aangemoedig om hul troeteldiere voor 6 Februarie vir sterilisasie te registreer deur die Mdzananda-dierekliniek te besoek, hul ontvangs by 021 367 6001 te skakel of ʼn SMS na 068 385 9655 te stuur.

Die Mdzananda-dierekliniek wil ook later vanjaar nog ʼn soortgelyke projek van stapel stuur om nog 500 diere te steriliseer.

Volgens Debra Buys van NSP is hulle passievol oor Suid-Afrika se diere.

“Deur na aan die gemeenskap te werk, kan ons ʼn verskil maak in die beskerming van hierdie diere”

Om hierdie inisiatief te ondersteun, kan ʼn sterilisasie geborg word deur ʼn e-pos te stuur na [email protected] vir meer besonderhede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Olive ·

Daar moet strenger reels wees om troeteldiere te mag he. Daar is vreeslik baie wat nie bevoeg is om vir diere om te gee en te sorg nie. In sekere areas moet dit absoluut verbied word, want daar is geen beheer oor die mishandeling en verwaarlosing nie.

trotsNAMSA ·

Ek is betrokke by verskeie diere organisasies. Ek sien diere by verskeie huise (gegoede tot arm) hoe diere verwaarloos word en ook hoe gegoede en arm eienaars hul diere voorsien van net die beste wat hulle kan bekostig. Soos ons samelewing se morele standaarde daal, so daal ons omgee vir diere.

Gaan help jou naaste diere organisasie . Diere organisasies is daar om die mensdom te leer oor hul diere. Baie mense is onkundig as dit by diere kom .
Dan kry jy mense wat nie eers weet wat is die geslag van hul diere !!!

Dankie aan al die dokters en personeel vir hul goeie werk. Julle is die beste.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.