Wen: Twee Moedersdag-geskenkbewyse van R2 500 te wen

Silverline Jewellery (Foto verskaf)

Elke donker wolk het ʼn silwer randjie. Dít is die filosofie by Silverline Jewellery. Eienaar Andries Cornelissen en sy span verkoop nie juweliersware nie; hulle verkoop glimlagte, vreugde en selfvertroue.

Buiten die standaard sterlingsilwer-items soos kettings, seëlringe, armbande en gewone silwer ringe, gaan soek Andries ook unieke ontwerpe om te voldoen aan elke smaak en prysklas. Dit sluit ringe en oorbelle in, asook armbande met natuurlike stene soos granaat (“garnet”), oniks (“onyx”), kornalyn (“cornelian”), opaal, topaas (“topaz”) en ander in.

Silverline Jewellery, geleë in die Brooklyn Mall in Pretoria of loer in op hul Facebook-blad, het ook ʼn verskeidenheid pragtige varswaterpêrels in ringe, armbande en halssnoere.

Daar is meer as 60 verskillende ontwerpe en groottes hoepel-oorbelle in die winkel: of jy nou hou van groot hoepels wat die koppe laat draai, of kleintjies wat jou uitrusting afrond, jy sal dit by Silverline Jewellery kry – en boonop teen ʼn uitstekende prys.

“Ons verkoop eerder twee stelle oorbelle teen ʼn goeie prys as een stel teen ʼn buitensporige prys. Ons wil hê ons kliënte moet opsies hê – en weer terugkom om nog pragstukke te koop,” sê Andries.

En as ons dit nie het nie, dan kry ons dit. Of dit nou ʼn bepaalde ringgrootte is, juweliersware wat herstelwerk benodig of gravering wat vir ʼn spesiale geleentheid gedoen moet word, Silverline Jewellery stap altyd die ekstra myl.

Silverline Jewellery se personeel is ook opgelei om oorgaatjies te skiet.

“Ons wil altyd ʼn glimlag op ʼn kliënt se gesig sien. Dit is ook vir ons belangrik om na ons kliënte te luister, want dit help ons om presies die regte items in die winkel te hê. Ons het ook ʼn uitgesoekte reeks ringe, kettings en armbande vir mans,” voeg Andries by.

Vir die jonger dames en meisies is daar ook altyd iets wat blink. Silverline Jewellery het ʼn uitgesoekte reeks seëlringe, kettings en oorbelle vir meisies, asook doopspelde en -armbande vir babas.

Daar is gereeld unieke nuwe items in die winkel. Jy kan op hul Facebook-blad loer of Silverline Jewellery self besoek as jy by Brooklyn Mall is om verras te word deur die verskeidenheid.

Gloria, Loice en Estelle maak boonop altyd seker kliënte vind presies die regte item; of dit nou vir jouself, of as bederf vir iemand spesiaal is, Silverline Jewellery het net die regte geskenk vir jou.

Loer dus gerus in by Silverline Jewellery en sit ʼn silwer randjie aan enige donker wolk.

  • Silverline Jewellery is geleë in winkel 102 in die Brooklyn Mall-winkelsentrum in Pretoria. Bly op hoogte op Facebook by Silverline Jewellery South Africa of skakel 012 346 0491 vir enige navrae. As jy iets mooi op die Facebook-blad sien kan jy navraag doen vir bestellings buite Pretoria per e-pos by [email protected].

Wen

Twee Maroela-lesers staan elkeen die kans om vir Moedersdag elkeen ʼn geskenkbewys van R2 500 te wen by Silverline Jewellery! Maak seker jy skryf in voor 8 Mei 2023 om in aanmerking te kom vir dié wonderlike prys.

Die kompetisie het gesluit.

Bepalings en voorwaardes

  • Inskrywings vir die kompetisie sluit op 8 Mei 2023 @ 23:45
  • Die wenners se name sal lukraak uit die inskrywings getrek word.
  • Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Die wenners sal telefonies en per e-pos deur Maroela Media gekontak word.
  • Die wenners se name sal op Maroela Media bekendgemaak word.
  • Die prys kan nie vir kontant geruil word nie.
  • Silverline Jewellery sal die geskenkbewys aan die wenners stuur om in hul winkel te gebruik. Silverline sal vir die wenners ʼn katalogus kan aanstuur van beskikbare juweliersware as jy nie die winkel in Pretoria kan besoek nie.
  • Die geskenkbewys kan by geen ander winkel of onderneming as Silverline Jewellery gebruik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.