Gewilde babaname vir 2020

Die gewildste babaname vir 2020 was vir sowat ʼn generasie terug amper glad nie gebruik nie. Só sê die gewilde Amerikaanse babanaam-webtuiste Nameberry.

Nameberry voorspel jaarliks watter babaname die gewildste vir die volgende jaar sal wees deur te kyk watter name die grootste toename in belangstelling op hul webtuiste gekry het in vergelyking met die vorige jaar.

“Van die gewildste name word beïnvloed deur invloedryke bekendes of popkultuur‑geleenthede, terwyl ander ʼn vars verwerking van ʼn tydlose naam is,” skryf Nameberry op hul webtuiste.

Hier is Nameberry se gewildste babaname vir volgende jaar:

Name vir dogtertjies

  1. Adah
  2. Reese
  3. Mika
  4. Paisley
  5. Amina
  6. Teagan
  7. Nova
  8. Aura
  9. Pearl
  10. Billie

Name vir seuntjies

  1. Austin
  2. Alva
  3. Acacius
  4. Tate
  5. Diego
  6. Easton
  7. Lucius
  8. Cash
  9. Ash
  10. Luca

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.