Desember. Kersliedere weerklink. In ons plaaslike winkelsentrum stap mense heen en weer met pakkies. Daar sit mense by ‘n tafel en geskenke toedraai. Maar die Kersfees-atmosfeer, die bome en liggies vul my met beklemming. Want ek is nie hier om geskenkies te koop nie, maar pantoffels vir Marietjie, pantoffels vir die groot hartoperasie wat sy moet kry. Sal sy Kersfees nog by ons wees?
“Die masjien suis in en uit. Die monitors biep. Bloed loop in die afvoerpype in. Sy het twee, want daar is twee enorme operasiewonde. Dit gaan goed, verseker die susters ons. Alles is stabiel. Maar twee dae later kom die krisis.”
Luister hier bo na ʼn voorlesing van die volledige skets deur Magda van Biljon
Marietha Malan is ʼn doodgewone ma met vyf kinders wat geleer het hoe om God raak te sien in die klein vreugdes, dramas en hartseer van haar alledaagse lewe. Vir die afgelope twaalf jaar skryf sy die geestelike rubriek in die Solidariteit Tydskrif. Die bundel Stilwo(o)rd is ʼn versameling van dié rubrieke. Hierdie voorlesing deur Magda van Biljon is een van twaalf voorlesings wat op CD by die boek ingesluit is. Dit word verskaf met die vriendelike vergunning van Kraal Uitgewers, Solidariteit Tydskrif en die skrywer.
Die bundel Stilwo(o)rd deur Marietha Malan is beskikbaar by Kraal Uitgewers teen R120. Besoek kraaluitgewers.co.za om dit te bestel.
Dankie. Wat sal ‘n mens nou meer sê.