Pajama-uitdaging vir Jeugdag

Die liefdadigheidsorganisasie CHOC (Childhood Cancer Foundation South Africa) het pas ʼn aanlyn uitdaging van stapel gestuur om kinders wat met kanker lewe te ondersteun op Jeugdag.

Die Jammin’ in jou Jammies-uitdaging moedig Suid-Afrikaners aan om op 16 Junie alledaagse aktiwiteite in hul pajamas te doen om liefde en ondersteuning te wys vir kinders wat met kanker lewe.

“Daag jou vriende uit om ʼn donasie te maak en neem dan deel aan die uitdaging deur jou inkopies of daaglikse oefeninge in jou pajamas te doen en dit dan op sosiale media te deel,” sê CHOC.

CHOC sê dit gaan as gevolg van die Covid-19-pandemie veral swaar met families met kinders wat kanker het omdat baie van hulle vir lank sonder ʼn inkomste was.

Sonder ʼn inkomste kan ouers en versorgers nie die kinders na die hospitaal en terug vervoer nie, kan hulle nie die nodige nutriënte vir die kind kry nie en is hulle nie in ʼn posisie waar hulle maskers en handreinigers kan koop om hulself teen die virus te beskerm nie.

“Dit is in hierdie oomblikke wat CHOC se dienste nodiger as ooit tevore is. Ons moet seker maak die kinders is veilig, dat hulle hul behandeling kan kry en dat hul ouers of versorgers se finansiële spanning verlig word.”

Daarom moedig hulle mense aan om donasies van R100 te maak vir jou en jou familie om seker te maak hierdie mense kry die nodige ondersteuning.

Vir meer inligting oor CHOC besoek hul webtuiste hier. Om ʼn donasie vir die Jammin’ in your Jammies-uitdaging te maak, klik hier.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Daleen ·

Die EFF is hipokrate. As hulle die gesag van die parlement ondergraaf dan is dit reg as enige iemand anders dit doen dan klim hulle op hulle tamatiekassies. So siek van die spul. Hulle het altyd ‘n eiertjie te le oor alles – hoe het my ma altyd gese – “lee blikke maak die meeste geraas”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.