Gedagte vir die dag: Bely jou sonde

man_alleen_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

As ons ons sondes bely, Hy is betroubaar en regverdig om ons sondes te vergewe en ons skoon te maak van alles wat verkeerd is. (1 Johannes 1:9)

“Kom nou, laat ons die saak uitpraat,” sê die Here. “Maak nie saak hoe diep die vlek van julle sonde is nie, Ek kan dit verwyder. Ek kan julle so skoon maak soos sneeu wat pas geval het. Selfs al is die vlek so rooi soos purper, Ek kan julle wit maak soos wol.” (Jesaja 1:18)

Wat is belydenis? Is dit so maklik soos om te sê jy is jammer? En wat weerhou ons daarvan om te sê ons is jammer? Een ding: trots, wat direk in die hel sy ontstaan het. En tog is niemand van ons sonder sonde nie. As ons Romeine 3:23 lees, sien ons dat ons almal gesondig het en God só beroof het van die eer wat Hom toekom.

Ons moet ons sonde bely vir ons eie beswil. Ons lees tog in Jakobus 5:16: “Julle moet julle sondes teenoor mekaar bely en vir mekaar bid sodat julle gesond kan word. Die gebed van iemand wie se saak met God reg is, het ’n kragtige werking.”

Wanneer jy jou sonde bely, word jy bevry. Dit gee jou ook die veiligheid om jouself te verneder. Wanneer jy op jou knieë gaan, kan jy nie ver val nie. Wanneer jy begin dink jy is iets, word die mat gewoonlik onder jou voete uitgeruk. Daar is vryheid in belydenis.

Gaan vandag na die Here toe en vergewe die persoon wat jou seergemaak het. Vergewe almal wat iets teen jou gesondig het en stap bevry weg.

Bron: Alles wat ek nodig het deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.