Toe sê Jesus vir hulle: “Kom eet.” (Johannes 21:12)
Met hierdie woorde word jy uitgenooi na ’n heilige intimiteit met Jesus. Hierdie woorde verwelkom jou in sy onthaalsaal onder die verlossende banier van liefde. Die uitnodiging spreek ook van ’n selfs intiemer eenwording met Jesus, want die enigste kos waardeur ons by Jesus gevoed word, is Jesus self.
Dit verwelkom ons ook in ’n gemeenskap met die heiliges. Selfs al kan ons nie almal dieselfde voel nie, kan ons almal op dieselfde manier gevoed word: met die brood van die lewe. Ons sien ook in hierdie woorde ’n bron van krag vir die Christen. Om na Jesus te kyk is om te lewe, maar vir die krag om Hom te dien moet ons eet. Ons moet onsself voed met ’n fees uit die evangelie sodat ons sterk kan wees.
Die brood is ook vir my.. Dankie genadige Vader .Amen
uit hebreers ouer bybels : YAHSHUA saith unto them ,Come! break your fast . Not one of the disciples was venturing to ask Him, Who art Thou? knowing that it was YAHSHUA.HalleluYAH.