
Argieffoto (Foto: pixabay.com)
Benut elke geskikte geleentheid, want ons lewe in slegte tye. (Efesiërs 5:16)
Ek is sleg met verjaarsdae. Ek moet my vergeetagtigheid hieroor gedurig by familie en vriende bely. Ek vier ook nie my pa of ma se hoeveelste verjaarsdag in die hemel nie. Nog minder onthou ek hoe lank ek by Tuks ’n dosent was, of hier of daar gewerk het. My lewe gebeur hier en nou. Gister was goed, maar ek leef vandag. Ek leef nie meer daar nie. Vandag is ’n nuwe dag in die Here se nabyheid. Vandag is die dag om God te eer en mense te dien.
Nee, ek dink nie verjaarsdae en ander mylpale is onbelangrik nie. Ek bewonder elkeen wat dit so getrou onthou. Tog het ek iets kosbaars geleer by ’n kinderboekkarakter, Alice in Wonderland. Sy kuier een keer by die Mad Hatter se teepartytjie. As hy haar vra of dit haar verjaarsdag is, sê sy nee. “What a coincidence,” sê hy. “It’s not mine either.” Dan vier hulle ’n “merry unbirthday”, want dit kan ’n mens heeljaar doen. Vandag is so ’n dag. Dis die Here se dag. Carpe diem. Leef vandag van vroeg tot laat tot eer van die Heer. Dan koop jy die tyd goed uit.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
3 Kommentare
Uitstekende boodskap Stephan – dankie.
Dis net, wanneer ‘n mens oud word, onthou jy graag die baie goeie herhinneringe van die verlede en smag om dit weer oor te leef.
Ek weet ons moet in die “nou” leef en die die heeltyd in die “rearview mirror” kyk nie – maar dis moeilik.
Dankie. So waar elke dag is ń wonderlike gegewe dag van ons Heer