Gedagte vir die dag:  Offer eerder dit    

Bid_hande_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Die offers van God is ’n gebroke gees; ’n gebroke en verslae hart sal U, o God, nie verag nie! (Psalm 51:19, Bybel In Afrikaans 1933/1953)        

Dawid het erg gesondig met Batseba en ly ook erg onder die gevolge. Natan roep sy straf uit: Van nou af sal die swaard uit jou huis nie wyk nie! Geweld baar immers geweld. Sy seun by Batseba sterf, sy seun Absalom oorrompel die troon en dryf hom uit, maar word later doodgemaak (sy ander seuns sterf ook een vir een) en God weier dat hy vir Hom ’n tempel bou – daar’s te veel bloed op sy hande. Wat ’n prys!

Dawid se geestelike insig sê vir hom dat al die slagoffers en brandoffers in die wêreld nie hierdie sonde kan regmaak nie. Sy hart moet die offer wees. Gebroke en verslae klou hy aan God vas vir vergiffenis. God soek nie iets van ons nie – God soek ons. Dawid word uiteindelik herstel as koning en sy en Bat Sheva (haar Hebreeuse naam) se volgende seun, Salomo, volg hom op as Israel se grootste koning nog. Dawid spreek ’n waar woord: Gebrokenheid, verootmoediging trek God se aandag.

Vader, ek is vandag ook hartseer oor my sonde. My hart is gebroke, ek is verslae voor U. Amen.

Bron: Hou vas aan die Hoop deur Jimi le Roux
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Von ·

Dankie HereJesus dat U my sonde aan die kruis vas gespyker het. Amen

michelle ·

Here baie baie dankie dat U ook vir my sonde gesterf het ek is van Verslae oor U goedheid.Amen

Maria ·

onthou Here bly selfde Dawid se tyd. God is regverdig ons kry nog teens gevolge oor ons sonde en verkeerde keuse. Belei nie met jou mond nie maar uit jou hart uit en hou op weer selfde foute te maak. Daarom Here vir Dawid nog teens seen ken Dawid se hart en hou lyk ons harte?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.