Gedagte vir die dag:  Die lasdraer          

kaalvoet_klippe_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

God se doel met die nasies was om Hom te soek, al sou hulle ook moes rondtas om Hom te vind. Nie dat Hy ver van enigeen van ons af is nie. (Handelinge 17:27)  

Die klein skerp kwellinge en die dorings wat die voete sny; waarom neem ons nie alles na die Helper wat ons nog nooit in die steek gelaat het nie? Vertel Hom van die hartseer, en vertel Hom ook van die verlangens, vertel Hom hoe dronkgeslaan ons was toe ons skaars geweet het wat om te doen. Gaan dan weg en los al ons swakhede by die Een wat Goddelik sterk is. Vergeet dat ons die las gedra het en neem die lied saam met ons weg. ~ Phillips Brooks

Onthou die teeketel: Al is hy tot by sy nek in die warm water, hou hy aan met sing. ~ Anoniem

Here Jesus Christus, ons moet waaksaam wees vir die dinge wat ons kan pootjie en intimideer. Here, wanneer die vyand ’n houvas probeer kry, help ons om bo die verwarring uit te sing. Amen

Bron: Wysheid uit die Woord
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.