Gedagte vir die dag: Die silwer woorde

landskap_water_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Die Here se woorde is suiwer woorde, silwer wat gelouter is in ’n smeltoond in  die grond, sewe maal gesuiwer. (Psalm 12:7, BDV)

Dawid praat oor die woorde van goddelose mense wat so bedrieglik is. Daarteenoor sê hy dat God se woorde soos silwer is, sewe maal gesuiwer. Mooi, nè? God se woorde is eg, dis waardevol, dis die waarheid – die moeite werd om te soek en te vind.

Daar is ook vir óns ’n les in wat ons spraak betref: Laat ons ons eie woorde ook suiwer voor ons dit uitspreek. Die Woord sê die een wat praat sonder beheer is onwys, dat ons góú moet wees om te luister, maar stadig om te praat. Daar moet dus ’n wag voor ons mond wees – ons moet dink voor ons praat! Oefen meer beheer uit, as ’n vrug van die Gees. Praat eenvoudig minder – dis ’n goeie begin en ’n Bybelse beginsel. Laat die Here toe om deur sy Gees alle onwaarheid, alle voorgee en alle skerpheid uit jou spraak te suiwer. Dan sal die woorde wat jy spreek vol krag wees, aangenaam, opbouend – silwer woorde.

Heilige Gees, maak my gedagtes rein – dan sal my woorde ook rein wees. Amen.

Bron:
Hou vas aan die Hoop deur Jimi le Roux
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

ulinda ·

dis pragtig ons is Sondag gebless met woord oor die tong
dis so waar, as ons minder praat is daar minder moeilikheid
in my hele lewe was my grootste oorlog om my tong te beheer
mag die Here elkeen help wat streef na Heiligmaking
dankie vir die Woord
geseënde dag aan elkeen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.