Gedagte vir die dag: Die vrug van die Gees         

seeroogblommetjie2_stiltetyd_deon-Kotze.jpg

Foto: Deon Kotze

Die vrug van die Gees is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en self beheersing. (Gal 5:22-23)

Wanneer jy lees van al die magtige manne en vroue van God, lees jy dikwels net van die hoogtepunte in hulle lewe. Wat van die dae tussen die hoogtepunte, toe hulle deur die woes tyn moes reis?

Dink aan die Israeliete. Die Here het hulle uit Egipte gered. Veertig jaar moes hulle deur die woestyn swerf. Dit gebeur ook met ons. Soms voel dit of ons op ’n trapmeul na nêrens is. God sal ons nie uit daardie moeilike posisie wegneem voordat ons vrede gemaak het met waartoe Hy ons geroep het nie. Die wonder is dat ons in hierdie tyd in die woestyn die vrug van die Gees in ons lewe begin vertoon.

Sommige mense wil nie ’n ander se tas help dra nie. Party wil nie ander se voete was nie. Ander wil nie dienaars wees nie. Hulle wil sommer reguit na die hoogste sport gaan. Die lewe werk nie só nie. Dit het Jesus dertig jaar geneem om Hom vir ’n bediening van drie jaar voor te berei. God berei jou dalk nou voor vir ’n taak wat Hy vir jou het. Terwyl jy deur die woestyn swerf, sê Hy: “Ek toets jou hart. As jy bereid is om skottelgoed te was, as jy bereid is om ’n nederige taak te verrig, sal Ek jou op die regte tyd verhoog. Jy sal die vrug van die Gees vir My dra – liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing.”

Here, dit maak nie saak waartoe U my roep nie, ek sal volhard. Ek sal die taak na die beste van my vermoë doen. Help my om die vrug van die Gees vir U te dra. Amen

Bron: Aartappelgeloof vir elke dag deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.