Gedagte vir die dag: Dink met dank: My oudword

hardloop_sonsopkoms_natuur_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: Pixabay.com

Wat my betref, word my lewe alreeds uitgegiet as ’n offer aan God. Die tyd van my dood is op hande. Ek het die goeie stryd gestry, ek het die wedloop voltooi, en ek het gelowig gebly. (2 Timoteus 4:6-7)

Ons spot baie oor oud word, oor die krisis van ’n 40ste verjaarsdag, en dan ook om 60 of 70 te word. Maar spot steek iets weg, naamlik dat ouderdom dikwels spanning bring. Dit herinner ons dat die lewe kort is en verbygaan. Dit laat my dink aan dinge wat  ek nog nie bereik het nie en wat ek waarskynlik nooit sal bereik nie. Ek gaan dalk nie die eienaar of hoof word, of die groot huis kan koop nie. Natuurlik is ons in ons tyd nog glad nie oud as ons 60 of selfs 70 jaar oud is nie, want ons voeding en medisyne hou ons gesonder as vorige generasies. Maar my liggaam wys my oudword beslis.

Hoe voel jy op die oomblik oor jou ouderdom? Hoe jy voel, hang weereens af van waarop jy fokus. As jy op die verliese fokus, is verjaarsdae sleg. As jy op die wins fokus, is jy dankbaar. God gee die rykdom van massas herinneringe in elke jaar se geheue. God kweek wysheid wanneer my geloof ryper word. Paulus sê ouderdom is kosbaar, want hy het onskatbaar waardevolle geloofservarings gehad. Fokus op joune.

In 2 Timoteus 4:7 sien ons hoeveel Paulus sy vorige “wedlope” geniet, al “hardloop” hy nie meer nie.

Bron: Elke dag saam met God deur Henk Gous
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.