Gedagte vir die dag: Drome, visioene en profete     

Boekevat-Wortelgat-Berg-ABrits.jpg

Foto: Annelize Brits

Só sal dit in die laaste dae wees, sê God: Ek sal my Gees uitstort op alle mense: julle seuns en julle dogters sal as profete optree; julle jongmense sal gesigte sien; julle oumense sal drome droom. (Handelinge 2:17)      

Ons leef sonder twyfel in die laaste dae. Ons behoort met verwagting uit te sien na wat die Here belowe, en ons behoort ook ons godsdiens, eredienste, lewe en selfs ons samelewing daarvolgens te struktureer.

Dit blyk of die kerk nog worstel om balans te vind tussen die modernisme se wetenskaplike benaderinge, waar bewyse nodig is om waarheid te staaf, en die onsigbare of bonatuurlike wat deel uitmaak van die geloofslewe. Drome, gesigte en profete word meermale met versigtigheid en selfs ’n bietjie agterdog bejeën. Hoe kan ’n mens ’n droom verifieer, waaraan kan ’n mens ’n profeet se uitspraak toets of hoe moet die betekenis van ’n droom of gesig verstaan word? Sal die Here nog deur drome en visioene met mense kommunikeer?

Jesus self het in gelykenisse gepraat. Hy het dit wat aan die mense van die era bekend was, gebruik om die onsienlike te verduidelik. Net soos die Here aan die woord gekom het deur drome in die Ou Testament (bv. Josef, Daniël, Esegiël) asook in die Nuwe Testament (bv. Josef en Maria, Petrus) praat die Here vandag ook met mense deur drome en visioene.

Wanneer ons oor drome en gesigte en die interpretasie daarvan praat, moet die Bybel altyd die meetsnoer en vertrekpunt wees. Behalwe dat die Bybel baie te sê het oor die rede vir of gebruike van drome, soos Job 33:15-20, word die wyse waarop drome interpreteer word ook in die Bybel beskryf. Drome getuig  van die aard en karakter van God en sal nooit in teenstelling met die Bybel wees nie.

Here, ons wil hoor wat U vandag wil sê. Amen.

Bron: Vroue van die Woord deur Jannie Pelser
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Lena Jonk ·

Ek het ook al in drome dinge gesien wat waar geword het, ek kon dit op daardie stadium net nie veklaar wat dit vir my gese is nie maar later nadat dinge gebeur het was dit vir my duidelik. Ek glo vas dat Jesus deur drome met ons praat, ek weet net nie of dit n vision was nie daar is ek maar onervare om te weet. My seun se dood was in n droom wat ek vir soveel mense vertel het. God het n manier hoe Hy dinge doen.

t ·

Dit gebeur baie met my dat ek in ‘n oomblik ‘n “gedagte” kry om iets te doen. Baiemaal onverwant tot die onderwerp van die oomblik. Dis hoe die Here met my praat. Wanneer Hy praat luister ek, want dit werk altyd goed uit. Die voorbeelde is legio deur my lewe.

LINDA ·

JA JESUS PRAAT MET ONS DEUR DROME VERAL AS ONS N ANTWOORD SOEK OP IETS OF ONGEMAKLIK VOEL OOR N SITUASIE. JESUS IS SO ALMAGTIG DAT EK VERSTOM IS….ALLES WAAROOR EK ONSEKER WAS HET HY VIR MY OPGEKLAAR IN DROME EN VISIOENE. GEE NET JOU LEWE ABSOLUUT AAN HOM OOR EN JY LEWE SO MAKLIK WANT HY DOEN EN VOORSIEN ALLES AAN EN VIR JOU! HOE WONDERLIK IS DIT NIE OM JOU SIEL NOU AL VIR JESUS TE GEE NIE….AMEN. DANKIE JESUS. U IS NET LIEFDE…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.