Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry; maar wie van die water gedrink het wat Ek hom sal gee, sal in alle ewigheid nooit dors kry nie. Nee, die water wat Ek hom sal gee, sal in hom ’n fontein wees met water wat opborrel en vir hom die ewige lewe gee. (Joh 4:13-14)
Niks wat die wêreld bied, les jou siel se dors nie. Jy moet aanhou drink en drink van dít wat die wêreld bied om voor te bly. Alhoewel die wêreld se water baie etikette dra, bly dit steeds van die wêreld en onvoldoende om jou sieledors te les.
Daar is miljoene uiters dors mense in die wêreld! Jesus bied die alternatief. Dit wat Hy gee, bedien en lawe jou siel. Jy kan drink soveel as wat jy wil. Dit sal jou genees en reinig. Dit sal nie net jou lewensdors les nie, maar jou in ’n fontein verander vir ander dorstige siele. Hierdie fontein bring lewe vir alles waarmee dit in aanraking kom. Die water wat Jesus bied, is bonatuurlik en Goddelik. ’n Mens sien dit in die resultaat.
Die wêreld se water is spesiaal ontwerp om jou dors te hou. God is spesiaal daarop gefokus om jou dors te les. Moenie verkeerde water drink nie. Dit sal jou van die lewe beroof.
Bron:
Jesus se woorde vir mans deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy
Wat ek graag wil weet is: Wie en wat is ‘n mens se barometer in die lewe. Ek beskou Christus en sy leersteelinge/die bybel as my barometer in die lewe.
Mense wie nie ‘n geloof aanhang nie, wie/wat is hul barometer. ‘n Mens lees van die rubrieksrywers in die koerante en webwerwe se skrywes, dan weet ons wie nie ‘n geloof aanhang nie, en sien mens elke keer as hulle nie realisties gebeure kan weergee nie, maar is daar ‘n hatigheid te bespeur as dit nie hul kriteria ontmoed nie.
Wat is daardie mense se barometer en op watter koers word hulle gehou?
Maak hulle staat op gevoel, op raai hulle?