Gedagte vir die dag: Fyn ingestem om God se musiek te speel

viool_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Sing saam psalms en lofgesange en geestelike liedere. Sing en jubel met julle hele hart tot eer van die Here. (Efesiërs 5:19)

Simfonieorkeste neem gewoonlik ’n pouse in die middel van hulle uitvoerings. As hulle ná die pouse gereedmaak om weer te begin speel, moet orkeslede eers weer hulle instrumente instem. Dit lyk my om nootvars te bly, moet musiek instrumente voortdurend ingestel word. Selfs ná ’n halfuur se pouse is so ’n fyn instelling nodig.

Dieselfde geld vir ons as mense. Om die Here se musiek te maak met ons lewe, moet ons lewens voortdurend fyn ingestem word deur sy Gees. Ons moet dag ná dag oefen om die Here reg te dien. Ons oog moet ingestel word om die Here se goedheid raak te sien. Ons oor moet verstel word om sy stem in die Skrif te hoor. Ons voete moet geleer word om op die Here se pad te stap. Ons hande moet geleer word om goeie dinge tot eer van die Heer te doen. Oor en oor stem die Here se Gees ons in. Ons moet egter gehoorsaam wees en toelaat dat Hy ons reg instem op sy musiek. Dan sing ons ook voortdurend nuwe liedere tot eer van God. Dan leef ons op die maat van nuwe musiek.

Bron: ‘n Veilige Vesting deur Stephan Joubert
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Susanna ·

Nee Maroela Media! Hoekom is God in die op skrif met ‘n klein letter?!!!!!!!

Christel Cornelissen ·

Dagsê Susanna
Baie dankie vir jou boodskap. Ons om verskoning vir die oorsig en het dit reggestel.
Groetnis
Christel
nms. Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.