Gedagte vir die dag: ’n Gebed oor God se roeping

voetpad-brug-pixabay-stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Mag die God van vrede julle volkome aan Hom toewy. Ja, mag God julle so bewaar dat julle na gees, siel en liggaam volkome vlekkeloos sal wees wanneer ons Here Jesus Christus terugkom. Hy wat julle roep, is getrou. Hy sál dit doen! (1 Tessalonisense 5:23-24)

“O Here, soms wonder ek waarom ek gebore is en wat ek veronderstel is om met my lewe te doen. Ek glo my soeke na ’n doel is eintlik die gevolg van U wat my roep om die rede te ontdek waarom U my gemaak het. Ek wens dikwels dat U my met ’n hoorbare stem of ’n wonderteken in die lug wil roep. Maar dit is nie regtig hoe U kommunikeer nie, en U roep nie altyd mense om buitengewone, lewensveranderende avonture aan te pak nie. U oproep is dikwels deur ’n taak wat reg voor my is, iets wat ek vandag kan doen. Dalk is dit werk by die kleuterkerk, om ’n siek ouer te versorg, om vir ’n kind liefdevolle onderrig te gee of om vrywilligerswerk by my kind se skool te doen.

Here, U het vir my spesiale gawes en vermoëns gegee, en U wil hê ek moet hulle nou gebruik, nie vyf of tien jaar van nou af nie. Help my om te reageer op u oproep om U en ander mense vandag te dien sodat ek volkome reg sal wees wanneer U my roep om iets groters te doen. Dankie dat U my in alles wat U my roep om te doen, toerus met die nodige begeerte, visie, ondersteuning en bronne om dit te kan doen.”

Bron: In die stilte van die môre deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.