Gedagte vir die dag: Bou op die regte basis

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Aaron Burden / Unspalsh)

“Julle moet alles in die stryd werp om julle geloof te verryk met deugsaamheid, die deugsaamheid met kennis, die kennis met selfbeheersing, die selfbeheersing met volharding, die volharding met godsvrug.” (2 Petrus 1:5-6)

Skrifgedeelte
2 Petrus 1:5-6 (Bybel in Afrikaans 1983/1992)

Oordenking
Groei in geloof en godvrugtigheid wys dat die Christelike lewe gesond is. Geloof is die beginpunt, die basis van die ander gawes van die Gees. Om in hierdie gawes te groei, moet ʼn mens reg begin.

Petrus was bewus van hierdie goddelike orde. Hy gaan verder deur te sê dat ons deurgaans seker moet wees dat ons roeping en verkiesing vas is. Hierdie uitverkiesing word beveilig deur geloof wat verkry word deur konstante en opregte gebed. Geloof word lewend gehou deur gebed. Elke tree in hierdie toevoeging van genade by genade word vergesel deur gebed.

Gebed

Here, lei my deur u Heilige Gees sodat ek my geloof deur gebed kan versterk. Amen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.