Gedagte vir die dag: Gewone mense

Argieffoto (Foto: Guillaume de Germain/Unsplash)

 “Want wie van julle wat ʼn toring wil bou, gaan nie eers sit en die koste bereken, of hy die middele het om dit uit te voer nie?” (Lukas 14:28).

Skrifgedeelte
Lukas 10:2

Oordenking
Niemand is so blind soos dié wat nie wil sien nie. Wil jy nie sien nie? Wil jy nie vandag lewe nie?

Helen Keller is op 27 Junie 1880 gebore. Toe sy ʼn baba was, het sy siek geword en was daarna blind en doof. Kan jy aan enigiets ergers dink as dit? Dit moet wees soos om in ʼn sel sonder ʼn deur of vensters te wees. Maar haar onderwyser het haar geleer kommunikeer deur met haar vinger woorde op haar handpalm te skryf. Het jy geweet Helen het uiteindelik universiteit toe gegaan? Sy het 35 lande in haar lewe besoek en namens die blindes en dowes gepraat.

Ek en jy moet Jesus met ons harte soek en nie met ons koppe nie. Helen het gesê: “Die enigste ding wat erger is as om blind te wees, is om te kan sien, maar nie insig te hê nie.” Het jy vandag ʼn visie? Spreuke 29:18 sê: “Wanneer ʼn volk nie duidelikheid het oor die wil van God nie, verloor hulle koers. As hulle leef volgens sy wet is hulle gelukkig.” Vra die Here vandag om vir jou ʼn nuwe visie te gee. Dit sal jou in die oggend laat opstaan en moed gee vir jou dag se werk. Dit sal jou help om van jouself te vergeet en jou oë op Jesus en ander mense te fokus.

  • Hierdie oordenking verskyn in Op pad met God deur Angus Buchan. Dit word goedgunstiglik deur die Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.