Gedagte vir die dag: Hoe meet jy sukses?

Argieffoto (Foto: Fa Barboza/ Unsplash)

“Jy sal nie suksesvol wees deur militêre mag te gebruik nie. Dit sal jou ook nie help om op jou eie krag staat te maak nie. Dit is die Gees van die Here wat vir jou sukses sal gee. Dit is wat die Here sê” (Sagaria 4:6b).

Skrifgedeelte
Sagaria 4:6b

Oordenking
By die werk word ons prestasie gemeet, ons kinders se rapporte vertel hoe hulle gevaar het, en so voor die vakansie kyk ons met ander oë na ons middellywe. Dit is sekerlik deel van die lewe dat ons onsself meet aan al hierdie dinge. Tog is daar soveel ander belangriker dinge wat ons eintlik behoort te evalueer:

  • Ons verhouding met ons Vader, die Een waaroor dit tog werklik gaan.
  • Ons verhouding met ons mense – hulle wat regtig saakmaak.
  • Die manier hoe ons Christus se wese uitleef – dit is immers die een ding wat Hy ons vra om te doen.
  • Die goedheid en liefde wat ons hierdie jaar uitgedeel het – dit is eintlik al wat ons regtig gegéé het.
  • Die genade en vergifnis wat ons teenoor ander uitgeleef het – ons het mos self al so baie ontvang.

 

  • Hierdie oordenking verskyn in Net soos jy is deur Milanie Vosloo. Dit word goedgunstiglik deur die Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Yvonne ·

Dankie Milanie….sulke waar woorde….ons prioriteite is bitter deurmekaar

Lettie ·

Baie dankie Melanie. Laat mens diep nadink oor ons pogings aangewend gedurende 2023. Was dit genoeg of kon ons beter doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.