Gedagte vir die dag: Hy pleit vir jou!

pad-vrou-stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

“Ek tree vir hulle in. Ek bid nie vir die wêreld nie, maar vir dié mense wat U aan My gegee het omdat hulle U s’n is.” (Johannes 17:9)

Jesus praat nie mense bang oor God nie. Veel eerder leer Hy vir ons dat ons Here ’n God van liefde is. So diep en eg is Jesus se liefde vir ons dat Hy net voor sy kruisiging en hemelvaart weer ’n keer vir sy mense by die Vader pleit. Hierna sterf Hy vir ons … en stuur God die Heilige Gees om in ons voort te leef en vandag steeds vir ons by die Vader in te tree.

Daar is baie redes waarom ons soms aan God se liefde vir ons kan twyfel: Ons eie skuldgevoelens, dit wat ander mense sê, die dinge wat om en in jou gebeur en jou eie onsekerheid oor sy trou is maar enkele voorbeelde.

Weet vandag: God is aan jou kant. Al voel dit soms of die wêreld én Hy teen jou gedraai het. Daar waar jy nou is, ís Hy. Dit waarmee jy stoei, ken Hy. Die dinge wat jou so ontstel, verstaan Hy. Dit wat jy nodig het, hét Hy.

Deernis-Vader, dankie dat U regtig vir mý omgee.

Bron: Krag vir elke dag deur Milanie Vosloo
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.