Gedagte vir die dag: Juig oor sy skoonheid

(Foto: Aarón Blanco Tejedor/Unsplash)

“U versorg die aarde, en laat dit reën, U maak dit ryk en vrugbaar. Die riviere van God is vol water; U verskaf graan soos U bepaal het” (Psalm 65:10).

Oordenking
God maak ons wêreld asemrowend mooi. Tog gaan baie van hierdie dinge so dikwels by ons verby omdat ons te besig is, te gewoond daaraan geraak het of bloot “blind” daarvoor geword het: dinge soos die eerste sonstrale op die doudruppels, die palette van blou bergreekse, die rustige weerkaatsing in ʼn stil rivierstroom en die verskeidenheid kleure van die herfs.

Soek doelbewus na die mooi in die wêreld om jou. Dalk vind jy skoonheid in musiek, die letterkunde, skilderkuns of ander mensgemaakte uitdrukkings van die mooiwees. Maak tyd om by skoonheid stil te staan, dit te geniet en te waardeer.

Gebed
O Skepper-God, maak my oë en my hart oop vir al die maniere waarop U vir die wêreld sê: Ek het julle lief!

Hierdie oordenking verskyn in Krag vir ʼn vrou se hart deur Milanie Vosloo. Dit word goedgunstig deur die Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

FM ·

Amen

Kyk Ek maak alles nuut.
Dit is oral oor sigbaar.
Ons was eerste om daardie nuut word te ontvang.
Dankie Jesus vir U onbaatsigtige sterwe sodat ons kan lewe.
Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.