Gedagte vir die dag: Lig of donkerte?

Argieffoto (Foto: Kazuend/Unsplash)

“God het júlle as sy volk gekies. Julle is ’n koninkryk wat uit priesters bestaan, ’n nasie wat heeltemal in God se diens staan, ’n volk wat heeltemal God s’n is. Dít het God bewerk sodat julle vir almal kan wys hoe goed Hy is. Dit is immers Hý wat julle uit die duisternis in sy wonderlike lig ingeroep het.” (1 Petrus 2:9)

Skrifgedeelte
1 Petrus 2:9

Oordenking
Iemand het ’n keer vir my gesê die toekoms lyk maar droewig. “Van watter toekoms praat jy?” het ek gevra. “Die toekoms oor drie maande? Of oor vyf jaar? Ons lewe nou in die toekoms waaroor ons vyf jaar terug bekommerd was.” Ons almal gaan nog aan. Is dit nie verstommend nie? Nee. Dit is God se genade. Dit is deur God se voorsiening dat ons vandag nog hier is. En Hy bring brood en genade tot by ons voordeur.

Is jy vandag sonder brood? Nee? Het jy genoeg komberse op jou bed? Ja? Sal jy in die maand wat kom genoeg brood hê? Beslis! Hoekom is jy dan bekommerd? Hoekom kla jy dat daar nie ’n toekoms is nie? Wanneer jy so iets sê, sê jy eintlik jy het geen vertroue in jou hemelse Vader nie. Hy verseker jou dat jy vandag brood sal hê. Hy sorg elke dag vir jou. Sy genade is genoeg, meer as genoeg, vir elke dag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.