Gedagte vir die dag: Val en opstaan

voetpad_stiltetyd_pixabay.jpg

Argieffoto (Foto: Pixabay)

“Laat hulle wat wys is hierdie woorde verstaan. Die paaie van die Here is waar en reg. Regverdige mense loop daarop, maar opstandiges struikel en val op die pad” (Hosea 14:10).

Oordenking
Die lewe is nie ʼn val-vrye plek nie, en dit is veral in ons geestelike lewe waar ons ons heel dikwels te pletter val. Alhoewel ons elke dag met die beste bedoelings leef en begeer om God se wil te doen, val ons so maklik oor ons eie menswees.

Hierdie feilbaarheid beteken maar net een ding: Ons kan nie één dag sonder die Gees van God aandurf nie. Wanneer jy besef dat jy op ʼn ongemaklike plek is, is dit juis die Gees wat jou stil-stil terugroep. Laat dan toe dat Hy jou optel en weer op die plek sit waar jy hoort: Rég voor die Vader-troon.

Gebed
Vader van struikel-mense, sal U my optel wanneer ek weer val, asseblief?

Hierdie oordenking verskyn in Krag vir ʼn vrou se hart deur Milanie Vosloo. Dit word goedgunstig deur die Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Andre77 ·

Kan ons net begin deur God se standard te volg en leef. Dit kan val en opstaan net meer vergemaklik. Verstaan wie, wat en waarom is jy. God se plan en droom sal jou nie laat struikel nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.