Gedagte vir die dag: Wees lief vir mekaar

Argieffoto (Foto: Nathan Dumlao/Unsplash)

“Ja, maar salig is hulle wat die woord van God hoor en dit bewaar” (Lukas 11:28).

Skrifgedeelte
Lukas 11:28

Oordenking
Ons kan nie God se Woord buig nie. As jy sy seën en krag in jou lewe wil ervaar, moet jy die Here gehoorsaam. Jy moet luister na sy Woord; daar kan geen kompromie wees nie. In Lukas 8:21 sê Jesus baie duidelik: “My ma en broers is al die mense wat die boodskap van God hoor en dit gehoorsaam.” Onthou, Jesus was besig om die mense te leer toe hulle na Hom toe gekom het en gesê het: “U ma en broers is hier buite en wil U graag sien” (vers 20). Dit is so wonderlik om ʼn volgeling van Jesus Christus te wees. Jy het soveel broers en susters oor die hele wêreld.

Ek is eenkeer uitgenooi om Israel toe te gaan na die Dooie See, die laagste punt op aarde, om by die Fees van die Tabernakels te praat. Dit was ongelooflik. Mense van meer as 80 verskillende lande wat verskillende tale praat, het van oor die hele wêreld gekom om fees te vier. Maar weet jy wat? Ek is lief vir daardie mense en hulle is lief vir my omdat God se liefde in ons almal is. Onthou, Johannes 13:34 sê: “Ek gee julle ʼn nuwe opdrag: Julle moet mekaar liefhê; soos Ek julle liefhet, net só moet julle mekaar ook liefhê.” Gaan vandag uit en bewys liefde aan mense.

  • Hierdie oordenking verskyn in Op pad met God deur Angus Buchan. Dit word goedgunstiglik deur die Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.