Gedagte vir die dag: Wees sout

Argieffoto (Foto: Matteo Grando/Unsplash)

“Die sout is goed, maar as die sout laf geword het, waarmee sal dit smaaklik gemaak word? ” (Lukas 14:34).

 

Skrifgedeelte
Lukas 14:34

Oordenking
Moenie jou smaak verloor nie. Waar Jesus ook al gegaan het, het Hy óf ʼn oproer óf herlewing gebring, maar Hy was nooit tussenin nie. Ek en jy moet sout bly. Mense hoef nie van ons te hou nie, maar hulle sal ons respekteer as ons sout bly.

Jesus het die vuur teruggesit in Petrus toe hy alle hoop verloor het en na sy werk as visserman wou terugkeer. Jesus kan vandag dieselfde vir ons doen. Die Vader wil graag vandag nuwe sout in ons siele terugsit en vir ons iets gee om voor te leef, om in die oggend voor op te staan en voor te sterf as dit nodig sou wees. Hy wil hê ons moet voluit leef – nie bloot bestaan nie. Hy wil hê ons moet ons drome realiseer, maar ons moet sout bly.

Kom ons maak ʼn verskil in hierdie afgematte en smaaklose wêreld waarin ons leef. Ek wil iets met jou deel, en ek bedoel dit opreg. As jy vir my ʼn lekker bord pap aanbied, maar daar is nie sout in nie, sal ek dit nie eet nie. As jy vir my tee aanbied – ek hou baie van tee – wat louwarm is, sal ek dit ook nie drink nie. Die tee moet kokend warm wees en die pap moet sout in hê. Wees vandag sout wanneer jy uitgaan en maak ʼn verskil in iemand anders se lewe.

  • Hierdie oordenking verskyn in Op pad met God deur Angus Buchan. Dit word goedgunstiglik deur die Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.