Gedagte vir die dag: Geen plek in sy planne nie

Storm_see_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

“God vra tog geen rekenskap nie!” In al sy planne is daar geen plek vir God nie. (Psalm 10:4)     

In hierdie Psalm gaan dit oor die goddelose. Die psalmdigter beskryf iemand wat ander verdruk, uitbuit en bedrieg. Hy gee nie om of hy ander afdruk sodat hy kan opgaan nie, want sy eie voordeel en rykdom is sy enigste maatstaf. Alles draai om hom! Innerlik is hy hoogmoedig en arrogant – ja, vol van homself. In sy sondige selfvertroue vloek hy mense links en regs.

Wat erger is, is dat hy ook geen tyd vir God het nie. Hy glo hy het ontdek dat hy kan doen wat hy wil – dat daar geen God is wat rekenskap eis nie! Die psalmdigter se verwyt is bitter as hy sê: “In al sy planne is daar geen plek vir God nie.” Ja, “geen plek vir God” nie! Daar is baie planne, groot planne, maar nêrens kom God in die prentjie in nie. Laat ons onsself maar teen hierdie beskrywing meet, want God ís ’n realiteit en ons móét met Hom rekening hou!”

God-wat-is, wees deel van my drome en planne. Ek kan nooit gelukkig wees sonder U nie. Amen.

Bron:
Hou vas aan die Hoop deur Jimi le Roux
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Petra Myburgh l ·

Ons werk in Qatar en Maroela help om die verlange Huistoe te verlig. Doen so voort!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.