Here, wat is ’n mens dat U hom sou wil ken, ’n mensekind dat U aan hom sou dink? (Psalm 144:3)
God is groot en almagtig terwyl mense nietig en verganklik is. Daar is miljoene der miljoene van hulle op die wêreld. En tog weet God van élkeen van sy kinders, ken Hy elkeen van ons persoonlik.
God wat so oneindig groot en almagtig is, ken ook vir jou persoonlik. Hy dink aan jou, Hy weet wat jou naam is, Hy kom bied sy liefde vir jou aan; só verseker jou Bybel jou. En wie aan jou vat, vat aan sy oogappel!
Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne! ~ Jesaja 43:1
AMEN
Here Jesus dankie dat ek my n Koningskind kan noem…deur U verdienste alleenlik…Amen
Amen!