Gedagte vir die dag: God se wil

karoo_grondpad_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Jesus antwoord hulle: “My kos is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het, en om sy werk klaar te maak.” (Johannes 4:34)

Kos hou ons nie net aan die lewe nie; dit verskaf aan ons genot. Wat is Christus se kos, sy bron van geluk? Om die Vader se wil te doen. Die teoloog John Gill het geskryf: “Net soos wat kos aangenaam en heerlik en verkwikkend is vir die mens se liggaam, so was dit heerlik en verkwikkend vir Christus se siel om God se wil te doen: Hy het net soveel genot daaruit geput as wat ’n honger mens daaruit kry om te eet en te drink.”

Christus wil hê ons moet, net soos Hy, in Gees-geïnspireerde gehoorsaamheid aan God se wil lewe omdat Hy weet dat dit wat Hom verheerlik vir ons blywende vreugde en bevrediging sal bring.”

Daar is hoop vir ’n verdorwe mensdom – hoop van vergifnis, hoop van vrede met God, hoop van heerlikheid – want volgens die Vader se wil het Jesus Christus arm geword en is Hy in ’n stal gebore sodat Hy dertig jaar later aan ’n kruis kon hang. – J.I. Packer

Bron:  In die Teenwoordigheid van Jesus deur Randy Alcorn
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Dankie Here Jesus vir die Grootste Geskenk wat hierdie wereld ooit gekry het….die Lam van God wat ons los gekoop het van ons sonde…Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.