Gedagte vir die dag:  God se wonders   

Reenboog_natuur_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Ek sal vertel van al u wonderlike dade. (Psalm 9:2)

Toe leerders gevra is om neer te skryf wat die huidige sewe wonders van die wêreld is, het die onderwyser agtergekom dat een stil meisie nie haar vraestel ingegee het nie. Sy vra die meisie toe of sy met haar lys sukkel. Die meisie het geantwoord: “Ja, ’n bietjie. Ek kan nie regtig besluit nie, want daar is so baie.” Die onderwyser sê toe: “Wel, sê vir ons wat jy het, en dalk kan ons jou help.” Die meisie het geaarsel, maar toe begin lees: “Ek dink die sewe wonders van die wêreld is: om te sien, te proe, aan te raak, te hoor, te voel, te lag of te glimlag en bo alles … om lief te hê.” Die klaskamer was so stil dat jy ’n speld kon hoor val. Daardie dinge wat ons as eenvoudig en “alledaags” beskou, is werklik wonderlik.

Dankie, God, vir al die wonderlike en majestueuse dinge wat U vir ons gedoen het. Amen

Bron: Wysheid uit die Woord
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Dorothy ·

Dankie Liewe Jesus vir die Krag wat u gee om aan te gaan met die lewe. Amen

Strand looper ·

So waar. Uit die mond van die suigeling kom die waarheid. God is liefde

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.