Gedagte vir die dag: Help betyds

Lighuis_sonsopkoms_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Moenie ’n weldaad weerhou van iemand aan wie dit toekom, terwyl dit in jou mag is om dit te bewys nie. (Spreuke 3:27)

Naby die Skaappoort in Jerusalem was daar ’n bad met die naam Be­tesda met vyf pilaargange waar baie blindes, kreupeles en lammes gelê en wag het vir die water om in beweging te kom. ‘Want ’n engel het op bepaalde tye in die bad neergedaal en die water geroer. Die een wat dan die eerste ingaan ná die roering van die water, het gesond geword, aan watter siekte hy ook al gely het’ (Joh 5:4, 1933-vertaling).

Miskien was daar ’n fontein met helende water wat soms opgeborrel het, miskien wás dit ’n engel van God, ons weet nie. Wat ons wel weet, is dat siekes daar op ’n wonderwerk gewag het en dat van hulle genees is as hulle betyds in die water kon kom.

Daar was een man wat al 38 jaar lank daar gelê en wag het, en moed op­gegee het. Dit was die Sabbatdag toe Jesus verbygekom het en hom gevra het of hy gesond wil word. Die man het geantwoord: ‘Meneer, ek het niemand om my in die bad te sit as die water in beweging kom nie; en terwyl ek aan­sukkel, gaan iemand anders voor my in’ (Joh 5:7). Jesus sê toe vir hom: ‘Staan op, tel jou goed op en loop’ (Joh 5:8).

Die man het oombliklik gesond geword en opgestaan en geloop. Die Jode daar rond wat dit gesien het, was nie saam met hom bly nie. Hulle het hom berispe omdat hy op die Sabbat sy goed gedra het en teen Jesus te velde getrek omdat Hy iemand op die Sabbat gesond gemaak het! Nie een van hulle het ooit probeer om die man te help nie. Jesus het die geleentheid gebruik en hom genees. Wie was reg? Jesus, of die Jode wat hul mensgemaakte wette be­langriker geag het as ’n man se lewe?

Here Jesus, help ons om ons prioriteite reg te kry wanneer ons ander in nood sien.

Bron:
Liefde vir elke dag deur Helena Hugo
Uitgewer: Struik Christian Media

Boeke deur Helena Hugo is nou beskikbaar by CUM Boeke
Vir meer geestelike artikels besoek Joy! Digital

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

david dreyer ·

Baie dankie vir elke dag se boodskap .Ek kan nie gou genoeg julle boodskap in die oggend lees nie.Ek gebruik dit vir my stiltetyd.Mag God almal aanraak wat vandag hierdie boodskap lees.

John ·

Die Jode daar rond wat dit gesien het was nie saam met hom bly nie…. Gaan dit nie vandag nog presies so nie? Sodra dit beter begin gaan met ons naaste is baie van diegene naaste aan hom eerder jaloers en kwaad dat sy probleme opgelos is.

Theuns ·

Dawid ek stem saam met jou en met jou ook John. Dit is lekker om te weet daar is broers en susters wat ons geloof in Jesus Christus deel. Amen!

chris ·

Dankie David, ek voel presies dieselfde soos jy en het die boodskap my vanoggend werklik aangeraak. Ek het so baie ( deur die genade van Jesus) maar soms sien ons nie die nood van ons mense rondom raak nie. Ek gaan van vandag my prioriteite reg kry om mense met nood om my te probeer help. Die Here het dit op my hart geplaas en sien ek uit daarna om mense om my te help en om vir hulle te bid.

Thea Gerber ·

Sjoe, watter verskriklike aanklag tee ons: ‘ek het niemand om my te help nie’ Ons is so vasgevang in ons eie belang dat ons nie ander se nood raaksien nie.

Victorious ·

Amen. Dis die Beste! Begin jou dag en nuus met die Woord. Ons land het God so nodig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.