Hermanus tot Hoedspruit: Hier kan jy Geloftedag vier

Geloftedag word op 16 Desember by die Voortrekkermonument gevier. (Foto: verskaf)

Vanjaar is dit 185 jaar sedert die Gelofte vir die eerste keer afgelê is. Suid-Afrikaners sal in hul duisende op 16 Desember saamtrek om dié geskiedkundige oomblik te herdenk.

Daar vind vanjaar honderde Geloftefeeste en -geleenthede plaas, en boonop nie net in Suid-Afrika nie. Daar sal ook in lande soos Namibië, Nieu-Seeland, die VSA en Australië feesgevier word. Vanjaar word dié feeste nie net in ʼn dokument uiteengesit nie, maar ook op ʼn wêreldkaart om gebruikersvriendelikheid te verbeter.

“Ons het vanjaar ook die Geloftefeeste en -dienste op ʼn interaktiewe wêreldkaart gesit,” sê Johann Dannhauser, redakteur van DitsemBlits, wat ʼn opsomming van dié jaar se Geloftefeeste gemaak het, aan Maroela Media.

“Hopelik kan die wêreldkaart bydra dat meer Afrikaners onder die bykans 2 miljoen diaspora in die buiteland ook die Gelofte herdenk en hul besonderhede vir opname in die kalender en op die kaart deurgee.

In die Geloftedag-kalender en -kaart wat deur die DitsemBlits-nuusspan saamgestel is, word ʼn omvattende opsomming van Geloftedagvierings uiteengesit.

  • Laai dié Geloftedag-kalender met inligting oor jou naaste Geloftefees in PDF-formaat hier af om dit te stoor of uit te druk.
  • Maak die interaktiewe kaart oop om te sien waar jou naaste Geloftefees of -diens plaasvind.

Nóg ʼn Geloftefees en -diens waarvan jy moet weet:

Geloftefees by Kleinfontein

Daar sal op 16 Desember van 09:30 tot 12:00 ʼn Geloftefees op Kleinfontein, net buite Pretoria, gehou word. Vir meer inligting, tree in verbinding met Charel Bezuidenhout by 082 255 6531.

Elandsfontein Geloftefees 

Daar sal op 15 en 16 Desember ‘n Geloftefees by Elandsfontein in die omgewing van Machadodorp in Mpumalanga plaas. Vir meer inligting, tree in verbinding met H. Pretorius (081 327 2170), of W. Van der Merwe (083 630 3532).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Danie ·

Ek gaan die diens van Hoedspruit naby Mariepskop bywoon [Laerskool Mariepskop]. Ons is dan in daardie omgewing. Ek vermoed dit is die diens (Mariepskop) wat alle eer aan God gaan gee. Ek het my bedenkinge oor die ander diens wat ook daar plaasvind.

andre ·

Bartho Eksteen Wynlandgoed op Hermanus , dankie Bartho .My familie sien baie uit daarna. Die getalle groei elke jaar

Carolina ·

Daar word ook ‘n Geloftediens gehou in Kaapstad. Vrye Gemeente Tafelberg, Commercial straat, om 9:30.

Antoinette ·

Meroela Media woorde kan nie uitspreek watter seën julle gaan volg omdat julle die 16de Desember help bewus maak by die Afrikaner populasie nie. Jy sien as God gesê het moenie belowe as wat jy belowe en nie betaal nie, kan mens verseker weet dat God sy vinger uitgesteek het om die mens te waarsku. Ons ou volkie het nie gehoor nie. Kan dit regtig wees dat ons oorgevat is omdat ons nie Geloftedag herdenk het nie. BESLIS JA, JA, JA, want God is ‘n waarmaker van sy Woord. Wat uit Sy mond uitgaan MOET GEBEUR. Ek sien ook hier waar ek bly in Pretoria is mense baie meer bewus van waar ons volkie afgedwaal het. Ek bid en vra God. Here sien asseblief ons menslike poging raak om terug te draai waar ons volk afgedwaal het. U moes U sweep uithaal want ons wou nie luister nie. Ons kom soos die sondaar wat nie eens sy oê na die hemel wou ophef nie en op sy bors geslaan en gesê het: Here wees my arme sondaar genadig. Here help ons asseblief. Self gaan ons dit nie maak nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.