Gedagte vir die dag: Herstel jou verhoudings

koring_somer_son_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Julle moet julle vyande liefhê en bid vir dié wat julle vervolg. Só sal julle optree soos ware kinders van julle hemelse Vader. (Matteus 5:44-45)   

Die apostel Petrus moedig sy lesers aan om aktief mee te werk aan die vestiging van vrede deur dit na te jaag en uit te leef en hulle daarvoor te beywer (1 Pet. 3:11, 2 Pet. 3:14).

Gelowiges word opgeroep om met verantwoordelikheid mee te werk om vrede te vestig. Gebroke verhoudings moet herstel word. Dit is van die allergrootste belang. Mense word deur soveel dinge van mekaar geskei. Net Jesus se liefde en vrede kan dit weer herstel. Maar dan moet ons die uitdagings en verantwoordelikhede ten opsigte van verhoudings met geloof en vertroue aanvaar.

God van vrede, gee aan my genade om my verantwoordelikheid ten opsigte van verhoudings na te kom. Amen.

Bron: My gunsteling Bybel oordenkings
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.