Gedagte vir die dag:  Hierdie man, Jesus    

Stiltetyd_wolke_plaas_Floris-Booysen-13.jpg

Foto: Floris Booysen

Jy moet Hom Jesus noem. (Lukas 1:31)

Is dit enigsins ’n wonder dat die priesters geweet het dat daar tussen hulle en hierdie Man geen ander keuse was as dat óf Hy óf priesterskap moet vergaan nie? Is dit enigsins ’n wonder dat die Romeinse soldate, gekonfronteer en verwonderd deur iets wat ver bo hulle begrip was en al hulle dissiplines bedreig het, hulle toevlug gevind het in ’n wilde gelag en dat hulle Hom met dorings gekroon, vir Hom ’n pers mantel aangetrek en van Hom ’n kammakoning gemaak het? Want as hulle Hom ernstig opgeneem het, sou dit beteken het hulle moet ’n vreemde en verontrustende lewe aanneem, gewoontes afgooi, instink en impulse beheer, om ’n ongelooflike gelukkigheid beproef … Is dit enigsins ’n wonder dat hierdie Galileër tot vandag toe nog te veel is vir ons klein hart? ~ Wells

Wanneer ons voor U buig, Jesus, mag ons altyd kinders wees wat u wonderlike Naam tot seën is. Amen

Bron: Wysheid uit die Woord
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.