Gedagte vir die dag:  Hou jou klein

swakop-Die-uitsig-op-die-woestyn-vanaf-Duin7.jpg

Foto: Marianne Styan

Jy wat jou groot hou, jy spog verniet oor jou slegte dade! Onthou, God sorg altyd vir my. (Psalm 52:3)

Saul wou vir Dawid doodmaak en Dawid moes vlug. Doëg die Edomiet het gesien dat die priester Agimelek (onbewus dat Dawid vlug) vir hom brood en ’n wapen gee en vir hom bid – en het dit toe vir Saul vertel. Saul het Agimelek en sy priesters toe van hoogverraad beskuldig en beveel dat hulle doodgemaak moet word. Sy soldate wou egter nie ’n vinger teen onskuldige priesters lig nie. Doëg was toe so “dapper” om persoonlik vyf en tagtig van dié “wat die linnekleed dra” dood te steek. Dawid vaar woedend teen hom uit omdat hy homself agterna as een of ander soort held beskou het.

Wat hier uitstaan, is hierdie woorde: “Jy wat jou groot hou.” Ja, dis onvanpas om onsself groot te hou. Ons het in elk geval ’n swak begrip van wat “groot” by God beteken. Kom ons hou ons eerder klein. Om jou klein te hou voor God – dít is vir Hom groot. Hoogmoediges sal verneder word en nederiges sal verhoog word, sê Jesus.

Almagtige, ek het geen grond vir grootheid voor U nie. Ek is gering voor U – U is groot. Amen.

Bron: Hou vas aan die Hoop deur Jimi le Roux
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.