Gedagte vir die dag:  Jý kan die vredemaker wees

Foto: pixabay.com

Die Here verwag van julle om reg te laat geskied, om liefde en trou te bewys, en om nederig voor God te lewe. (Miga 6:8)  

Ons sien almal so uit na ’n uitkomkans aan die einde van die jaar. Na ’n tyd van moontlik saamwees met familie. En dan … krap ons aan mekaar, irriteer ons mekaar … kom daar weer ou koeie uit die slote aangestap om ons beplande vredevolle saamweestyd stukkend te trap. As jy in so ’n situasie is, bid dan vandag hierdie gebed:

Vrede-God, ons sukkel so om regtig u soort vrede onder mekaar te leef. Kom asseblief ons swakheid te hulp.

Ja, Heer, ek smag na u vrede. Na u soort diep vrede wat alle verstand te bowe gaan. Plant vandag hierdie vrede in my hart sodat ek sal wees wat U vra. U volgeling wat geroep is om vredeliewend op te tree teenoor vriend en vyand. Help my vandag om woede met sagmoedigheid te oorwin. Selfsug met vrygewigheid en vergunning. Help my om ’n vredemaker te wees wat brûe bou tussen mense. Ek wil doen wat U van my  vra. Soos U dit vra. Solank U dit vra. Omdat U dit vra. Veral in hierdie dae!

Here, ek wíl u liefde en vrede wéés. Help my asseblief!

Bron: Krag vir elke dag deur Milanie Vosloo
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.