Hier is die gewildste aanbiddingsliedere in afsondering

(Foto: Jefferson Santos/Unsplash.)

Die jongste data van Faithlife Proclaim, Faithlife se programmatuur vir kerklike voorleggings en aanbiedings, het die gewildste aanbiddingsliedere en -lirieke geïdentifiseer onder kerke van verskillende denominasies landswyd sedert die aanvang van die Covid-19-afsonderingstydperk.

Volgens JOY!News is dié inligting, wat ingesamel is tussen 15 en 31 Maart en weer tussen 20 April en 10 Mei, vergelyk met die gebruik van aanbiddingsliedere van die 12 000 Proclaim-gebruikers in Februarie voordat die inperkingstyd ingestel is.

Van die 33 gewildste liedjies wat deur Faithlife Proclaim geïdentifiseer is, is hierdie die top-vyf-liedere wat kerke deurlopende gedurende die afsonderingstyd gebruik het:

  1. “It is well with my soul” deur Horatio Spafford
  2. “Great is Thy faithfulness” deur Thomas Obadiah Chisholm
  3. “No longer slaves” deur Jonathan en Melissa Helser
  4. “Raise a Hallelujah” deur Jonathan en Melissa Helser
  5. “See a Victory” deur Chris Brown, Ben Fielding, Jason Ingram en Steven Furtick

Die woorde wat die meeste gebruik word in die gewildste liedere was Will (183), die naam van God wat variëteite soos God (108), Here (71), Jesus (47) en Christus (29) insluit, asook Victory (53).

“Dit is inspirerend om te sien hoe die gewilde sangkeuses en lirieke in kerke die temas van vertroue, geloof en lof weerspieël al ondervind die wêreld tans ongekende swaarkry,” het Bob Pritchett, stigter en uitvoerende hoof van Faithlife, gesê.

“Die Here werk gedurende hierdie moeilike tyd met elke mens en dit blyk duidelik uit die keuses van aanbiddingsliedere onder die kerke dat Christene in hierdie land glo dat dit waar is. Hulle vertrou op Hom om ons deur hierdie pandemie te dra.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Pandora ·

Is daar dan geen Afrikaanse aanbiddingsliedere wat gewild is nie, of het die opname nie Afrikaans ingesluit nie? :(

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.