Gedagte vir die dag:  Kom terug!

skape_lammers_veld_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: Pixabay.com

Lees Jeremia 3:19-25

Kom terug, kinders wat afgedwaal het, Ek wil ’n einde maak aan julle afdwaling. (Jeremia 3:22)

Spyt kom te laat.

Daar is mense wat dit vas glo en dan die kop meewarig skud en sê: Krý vir jou! Julle wou mos nie hoor nie – en daar het julle dit nou! Dit is gans te laat vir trane; vat nou maar die pak.

Daar is ook dié wat dit asseblief nie wil glo nie, wat bly vasklou aan elke greintjie hoop dat dit tog nie so is nie. Dat daar nóg ’n kans is. Hulle roep uit: Sê my net wat ek moet doen!

Die profeet het weinig twyfel: Daar is net een moontlikheid en dit is om terug te kom. Om die krokodiltrane, die selfbejammering, opsy te skuif. Om daadwerklik om te draai.

Vir Ou Israel, hoereerders met die afgode-op-die-heuwels, kom die boodskap klinkklaar. Smekend: “Kom terug, kinders …” (v. 22). Hul antwoord klink so reg: “Ons wil in die aarde insink oor die skande, ons wil wegkruip van skaamte …” (v. 25). Sal Hy hulle hoor? Sal Hy hulle hierdie keer glo? Daar was immers soveel vorige kere? Omdraai vra ’n besluit – én die waar maak van daardie besluit.

Dít vereis ’n nuwe fokus. ’n Volgehoue wegkyk van die heuwels vol vlak verleiding. ’n Ongemaklike, moeilike krink van die nek en ’n opkyk na die berge, daar waar hul Hulp vandaan kom.

Nee, spyt kom nooit te laat nie. Nie by Hom wat ver kyk en dwarsdeur trane sien nie. Nie by Hom wat harte ken en weet wat werklike berou is nie.

U weet hoe lyk ek, Here. U sien my tot stilstand kom, U sien my omdraai. Hier kom ek, Here! Sal U my weer by U ontvang?

Bron:  Uit die Beek 2019 deur Barend Vos
Uitgewer: Lux Verbi

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Johan ·

Dankie Here dat U in ons lewens is. Dankie Here vir al U genade en seëninge. Amen!

Cheryl ·

Hy? Hom? Hulp? Noem Hom op Sy Naam. God ons Hemelse Vader en Jesus Christus ons Verlosser, Redder en Saligmaker. Wat ‘n betekenislose afgewaterde boodskap.

Johann Cronje ·

Vir die wat die volgende lees mag dit ‘n uiters skokkende ontnugtering wees, maar dit is ongelukkig die waarheid. Yahweh onse Skeppergod hoor niks omdat Sy knegte Hom nie by Sy Heilige Naam aanspreek nie. soos wat Hy beveel het nie. Hulle spreek hom aan deur titels (die Here) en ook deur die naam van ‘n ander god. Hulle ken nie die persoonlike stem van YAHWEH die “ENIGE” God en Heiland nie en luister nie na Sy persoonlike verklaring gemaak wat Hy gemaal he nie.Hulle verkies om eerder na die stem van die RKK se “drie-enige” dogma te luister
Ek, Ek is YAHWEH, en daar is “GEEN” Heiland buiten My nie”. Jes 43:11
Ek is YAHWEH, en daar is “GEEN” ander nie; “BUITEN” My is daar “GEEN” God nie; Ek
omgord jou (Israel), hoewel jy My nie geken het nie. Jes 45: 5
Jes 43”10 – …………. voor My is geen God geformeer nie, en ná My sal daar geeneen wees nie.

Johann Cronje ·

Exodus 34:14. – 53 vert – Want jy mag jou nie neerbuig voor ’n ander god nie; want YAHWEH se Naam is Jaloers — ’n jaloerse God is Hy. Bybel veir almal vert – Julle mag nie voor ’n ander god buig nie, julle moet net vir My (YAHWEH) dien. Daarom noem hulle My ‘die God wat wil hê die mense moet net vir Hom dien.’

Yahweh vereis onverdeelde aandag, aanbidding, lof en eer wanneer Hy jou beperk en beveel dat jy “geen” ander gode voor Sy aansgesig sal hê nie en dat jy hoegenaamd “geen ander god se naam” in sy teenwoordigheid mag noem nie..
Alhoewel die woord “jaloers” dikwels assosiasies ontlok met gevoelens van afguns, onsekerheid of agterdog teenoor ‘n ander persoon, het dit ook ‘n ander betekenis soos die beskerming van die regte of besittings van ‘n individu. Yahweh is jaloers in daardie laaste sin. Hy, “ en net Hy alleen is God – ewig, almagtig, alwetend en alomteenwoordig. Die heelal is sy bestaan aan Hom verskuldig. Daar is” geen ander wese” soos Hy nie. Die koninkryk, die krag en die heerlikheid is ewig net syne. As sodanig sal Hy nie die aanbidding en lof wat aan Hom toegeskryf word met “enige ander wese of god” deel nie – nie omdat Hy “jaloers” (onseker) is nie, maar omdat so ‘n eer “slegs aan Hom behoort”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.