Gedagte vir die dag: Laaste ete

nagmaal_stiltetyd_samuelucc-org.jpg

Foto: samuelucc.org

Gee ons die porsie brood wat ons vir vandag nodig het. (Matteus 6:11)

Die man se vrou sê vir hom hulle het net genoeg kos in die huis vir een laaste ete. Hy sê: “Nou goed, kom ons eet.” Sy vrou berei die ete voor en die gesin gaan sit om te eet. Terwyl hulle oor die tafel hande vashou, dank hy God vir sy goedheid. Net toe hulle hul “laaste ete” klaar geëet het, lui die deurklokkie. ’n Lidmaat van hulle kerk het net kom sê sy vrou het die yskas en vrieskas uitgepak omdat hulle op ’n lang reis gaan, en hy wonder of hulle gaaf genoeg sal wees om die items te gebruik sodat dit nie vermors word nie.

God het ’n antwoord op ’n baie spesifieke gebed gestuur, en Hy het dit deur ’n egpaar gedoen wat geen idee gehad het dat hulle vriende pas hulle laaste kos geëet het nie. Dit was die werk van die Heilige Gees wat hierdie wonderwerk van God laat gebeur het.

U is ons voorsiening, Vader. Amen

Bron:
Wysheid uit die Woord deur Troy Johnsen
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Von ·

Dankie Here Jesus dat ek elke belofte in U Woord my eie kan maak….U sorg en trou is onfeilbaar…..Amen

linda limbo ·

Here in die tye en veral in Suid Afrika kan en sal ons nooit ons rug op U draai
asb beskerm elke mens met U bloed en skenk aan ons
dit wat ons nodig het vandag, beskerming, kos, genesing, vreugde, vrede, blydskap
U is die enigste hulp vir ons
Dankie Jesus

Michelle ·

Here baie dankie dat ek vanoggend my laaste kon deel met my vriende.
Ek verstaan nou hoe U werk deur die Heilige Gees. Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.