Gedagte vir die dag:  Laat die kindertjies kom   

kinders_hardloop_veld_cannahealth_com.jpg

Foto: cannahealth.com

Jesus het sy arms om die kindertjies gesit, hulle die hande opgelê en hulle geseën. (Mark 10:16)

Jesus het gesê: “Laat die kindertjies na My toe kom en moet hulle nie verhinder nie, want die koninkryk van God is juis vir mense soos hulle” (Mark 10:14).

As ’n jong boer, selfs voordat ek Jesus Christus as my Here en Verlosser leer ken het, het ek dikwels in my huis gesit wanneer ’n verteenwoordiger van land bou produk te daar aankom om iets aan my te verkoop. Nege uit die tien keer kon ek daardie man se karakter eien deur die manier hoe hy by my agterhekkie ingestap het. Jy sien, ek het ’n groot swart hond gehad, wat die nare gewoonte gehad het om ’n mens van agter te hap, nie seer nie, net so ’n ligte knypie. Ek sou ’n man sien in stap en afhangende van hoe hy my hond behandel het, het ek geweet of hy ’n sagte hart het of nie. Sommige mans het ingestap en die hond geskop sodra hy hulle hap. Ander het oor die hond se kop gevryf. Ek het geweet hulle sou my kinders presies dieselfde behandel as wat hulle my hond behandel het.

Die Here Jesus was nooit ooit te besig vir kinders nie. Hy het hulle nooit weggejaag nie, selfs al was Hy uitgeput nadat Hy die hele dag mense gesond gemaak en gehelp het. Watter gesindheid het jy teenoor kinders en diere? Die gesindheid van die dissipels wat die mense en hulle kinders weggejaag het? Of die gesindheid van Jesus Christus wat die kindertjies liefdevol in sy arms geneem het?

Here Jesus, vul my met u liefde sodat ek ander kan liefhê, veral kinders en diere. Hulle is so kwesbaar, Here. Dankie vir u voorbeeld wat ek kan navolg.

Bron: Aartappelgeloof vir elke dag deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Von ·

Dankie Here van genade vir U grootbarmhartigheid…….U het die weg vir ons kom baan….Amen

Lena Jonk ·

Dit is n baie groot waarheid, die persoon wat nie met honde en enige ander dier kan werk nie sal ook gladnie met mense kan werk nie, Dade wys tog maar karakter. Net soos in ons optrede teenoor mense, geduld is nodig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.