Gedagte vir die dag: Maak tyd vir God

man_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Nie almal wat vir My “Here, Here” sê, sal in God se koninkryk ingaan nie. Wat die deurslag sal gee, is of hulle aan my hemelse Vader gehoorsaam was. (Matteus 7:21)

Maak die koningsheerskappy van God en dit wat voor Hom reg is, julle prioriteit; dan sal God vir julle al hierdie ander dinge byvoeg. (Matteus 6:33)

Ons moet daarteen waak om nie so besig te raak met die dinge van die Here dat ons die Here van die dinge vergeet nie. Die heel belangrikste ding wat ons kan doen, is om tyd saam met God deur te bring.

Die groot Hervormer Martin Luther is eenkeer gevra wat sy planne vir die dag is. “Ek het so baie dinge om te doen dat ek die eerste drie ure van die dag in gebed sal deurbring,” het hy geantwoord. Dit is eintlik wat ons almal moet doen. Hoe meer tyd ons saam met God deurbring, hoe beter sal ons weet wat sy wil vir ons lewe is.

Wanneer ek tyd in die natuur deurbring of nog voor dagbreek my stiltetyd saam met die Here hou, kan ek die teenwoordigheid van die almagtige God aanvoel. Ek kan voel hoe my siel vernuwe word. Dit is ’n wonderlike gevoel.

Onthou, selfs al lyk ’n plan na ’n goeie idee, kom dit nie altyd van God af nie. Jy moet baie seker maak dat dit sy wil is. As dit nie God se plan is nie, sal jy nie suksesvol wees nie.

Bring elke dag tyd saam met die Here deur. Hy het jou baie lief en wil graag van jou hoor. Vra vir Hom wat sy wil is en Hy sal jou lei.

Bron: Alles wat ek nodig het deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Dankie Here vir elke uur in U teenwoordigheid…by U is ek welkom…Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.