Gedagte vir die dag: Proe geloof

Lemoen_boom_pixabay_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Sy vrugte is soet in my mond. (Hooglied 2:3)

In die Skrif word geloof beskryf in terme van al die sintuie. Geloof begin met gehoor. Ons hoor God se stem, nie net met ons ore nie, maar ook met ons gees. Ons hoor dit as God se Woord en dan glo ons dat dit van Hom af kom. Dan kyk ons met ons verstand na die waarheid soos dit aan ons voorgehou is. Ons begryp die betekenis daarvan. Dan ontdek ons hoe kosbaar dit is; ons ervaar die geur daarvan. Dit is die “reuk” van geloof.

Wanneer ons Christus se genade vir ons toe-eien, is dit aanraking. Dan kom die genieting: vrede, vreugde, gemeenskap. Dit is hoe ons geloof proe. Ons sal gered word wanneer ons Christus se stem hoor as die ware stem van God, maar die volle vreugde kom wanneer ons Christus “proe” en Hy die voedsel vir ons siel word.

Bron: Elke nuwe dag deur Charles H. Spurgeon
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.