Gedagte vir die dag: Selfs net ’n klein bietjie geloof

mostertsaad

Foto: Crossroadsinitiative.com

“Dít verseker Ek julle, as julle geloof selfs so klein soos ’n mosterdsaadjie was, sou julle vir hierdie berg sê: ‘Skuif soontoe,’ en hy sal dit doen.” (Matteus 17:20)

Jesus verwys na ’n piepklein mosterdsaadjie wat groot dinge kan vermag. Net soos ’n klein saadjie kan groei en later ’n groot plant word, kan die opregte geloof van ’n mens groot dinge vermag. Jesus verwys waarskynlik hier na die probleem wat die dissipels gehad het om die demoon uit die seun te verwyder. Deur selfs net geloof so groot soos ’n mosterdsaadjie sou hulle die demoon kon uit dryf.

Deur opregte geloof en vertroue in God kan jy die probleme in jou lewe wat jou wil onderkry, die hoof bied. Krisisse en probleme lyk dikwels soos berge, maar Jesus wil hê ons moet Hom vertrou en glo dat ons deur Hom alles kan oorkom.

Here, help my asseblief om met my hele hart in u almag te glo. Amen.

Bron: My gunsteling Bybel oordenkings
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.