Gedagte vir die dag: Skatte

see_skulpe_vrou_hand_pixabay_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Moenie vir julle hier op aarde skatte bymekaarmaak waar mot en roes dit wegvreet en diewe inbreek en roof nie. Maak vir julle skatte in die hemel bymekaar waar geen mot en roes dit sal kan bykom nie, en waar diewe nooit sal kan inbreek en roof nie. Onthou, waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees. (Matteus 6:19-21)

Daar steek waarheid in die ou gesegde: “Jy kan dit nie saam met jou vat nie.” Maar Jesus voeg eintlik ’n nuwe gevolgtrekking by: “Jy kan dit nie saam met jou vat nie, maar jy kan dit voor jou uitstuur.”

In aandelebeurs-terme is Christus uiters negatief wat beleggings op aarde betref. Sy finansiële voorspelling vir hierdie wêreld is maar droewig. Maar Hy voorspel wel goeie dinge vir beleggings in die hemel, waar elke markaanwyser vir altyd positief is.

Christus se hoofargument teen versameling van materiële rykdom? Dit is eenvoudig ’n slegte belegging.

Dit wat ons in Christus se Naam gee, sal op die ou end na ons toe terugkom in ’n beter en permanente vorm. Hy het dit belowe.

Enige tydelike besitting kan in ewige rykdom omskep word. Wat ook al vir Christus gegee word, word onmiddellik deur onsterflikheid aangeraak. – A.W. Tozer

Bron:  In die Teenwoordigheid van Jesus deur Randy Alcorn
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.