Gedagte vir die dag: Stilword by God

see_vrou_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: Pixabay.com

Net by God kan ek rustig wag, van Hom kom my verlossing. Ek wil rustig op God wag, want van Hom kom al my hoop. (Psalm 62:2, 6)

Wanneer jy tyd maak om regtig stil te word by God, sonder jy jou af van die afleidings en geraas van die wêreld om jou. Jy word bereid om ’n leerbare gees te hê en jou begeertes te laat aanpas by wat God vir jou wil hê. As gevolg daarvan kom jou gedagtes en optrede meer in ooreenstemming met God se wil. Stilword by God is méér as net die bestudering van gemeenskap met God en lei uiteindelik tot Goddelike optrede.

Hoe kan jy stilword by God ’n daaglikse gewoonte maak?

Bron: Geanker in genade – ‘n Samestelling
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.