Gedagte vir die dag: Teorie en praktyk

reenboog_perde_veld_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Lees 2 Timoteus 1:13-18

Wat aan jou toevertrou is, is goed. Bewaar dit deur die Heilige Gees … (2 Timoteus 1:14)

Wat aan jou toevertrou is, is goed. Bewaar dit deur die Heilige Gees … Soos jy weet, het almal in die provinsie Asië my in die steek gelaat (14-15). Paulus skryf nogmaals aan sy geliefde leerling Timoteus. Dit is ook hierdie keer ’n persoonlike brief vol waarhede en raad, asook ver- skeie vermeldings oor hul onderskeie persoonlike omstandighede. Dit is veral by laasgenoemde dat die latere leser kennis neem van die skrywer se dankbaarheid én seerkry.

In hierdie klompie verse bevestig Paulus die waarde van die teologiese insigte wat hy aan Timoteus oorgedra het. Hy vra mooi dat die jong man dit ter harte sal neem en navolg. Dat hy dit, in die krag van die Gees, goed sal oppas.

Die koestering van die goeie geloof is van groot belang, veral  in ’n tyd dat dié geloof van vele kante onder druk kom. Maar dit  is onontbeerlik vir wanneer ons ’n betekenisvolle lewe as Jesus- navolgers wil lei.

Hoe anders sal ons weet waarom ons nie ons medemens in die steek mag laat nie? Vanuit watter ander denkraamwerk sal ons volhou met ons goeie dade? Is dit nie juis die geloof en liefde in Christus (vgl. v. 13) wat ten grondslag lê aan ons goeie werke nie?

Waarom sou Figelus en Hermogenes Paulus in die steek gelaat het? (vgl. v. 15). En om welke rede sou Onesiforus volgehou het om Paulus op te beur en die moeite gedoen het om uit Efese te kom en Paulus in Rome te kom opsoek?

Ons weet nie hoe ander mense dink nie. Ons weet wel: As die gesonde leer wat aan ons oorgedra is nié in liefde, barmhartigheid en sorg oorgaan nie, is ons sieker as wat ons dink.

Here, leer my hoe om te glo en hoe om te lewe. Moenie moed opgee nie!

Bron: Uit die Beek 2019 deur Barend Vos
Uitgewer: Lux Verbi

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.