Gedagte vir die dag: Terapie

vrou_meer_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Hy genees die gebroke hart, en verbind hulle wonde (Psalm 147:3)

As Christene moet ons vergeet van die idee dat terapie of berading ’n teken van swakheid is, of ’n teken dat ons nie op God vertrou nie. Te veel mense is radeloos en sonder hoop omdat hulle weier om hulp te kry. Hulle verwag van ’n kind of lewensmaat om die gesin emosioneel gesond te hou. Dit is nie moontlik nie, en dit is nie regverdig nie.

Kom ons ondersoek ons harte en wees dapper genoeg om aan die lig te bring wat ook al daar skuil. En kom ons probeer verstaan hoe ons denke ons gevoelens beïnvloed, en hoe ons gevoelens ons optrede beïnvloed. Ons kan die gety van eensaamheid en angstigheid, wat nou baie vinnig op pad is om wêreldwyd ’n angswekkende vlak te bereik, omkeer. Omdat ons ons eie pyn moes verwerk, sal ons beter daarin vaar om ander te help om hulle pyn te verwerk.

Dit is glad nie dapper om ons verleentheid weg te steek of voor te gee om sterk te wees nie. Dit is nie dapper om dié mense wat ons dink ons dophou te probeer beïndruk nie. Dit is nie dapper om dié mense vir wie ons die liefste is, seer te maak omdat ons te trots is om hulp te vra nie. Dis oukei om mense te laat sien dat ons steun op die Een wat ons kan genees, wat ons verlede kan vergewe, wat ons toekoms kan beveilig en wat ons in al ons dae kan onderhou – op standvastige, wonderbaarlike en onverwagte maniere.

Heilige Gees, Raadgewer, help my om ander mense in te laat om my te help om die pyn te laat wegvloei. Amen.

Bron: Reis lig deur die lewe deur Dalene Reyburn
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Johan ·

Dankie Here dat U in ons lewens is. Dankie vir al U genade en seëninge Here. Amen!

Maria ·

Yes dit waar bou n muur en ontrek jouself. Vergewe my glo glad aan seilkundige nie geld maar storie maak nie geeslike genees gesond nie maar net aan my raadgewer Vader glo u wil geskied om my muur sal afbreek Amen

Rita Labuschagne ·

Net ons Groot Geneser vir al my siektes en ek is nog nooit teleurgestel nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.