ToekomsVenster: Dié graf is leeg

Jesus-se-graf

(Argieffoto)

Toe die offisier, wat reg voor Jesus gestaan het, Hom die laaste asem só sien uitblaas het, het hy gesê: “Hierdie man was werklik die Seun van God.” – Markus 15:39

Jesus kon legioene engele geroep het om Hom in sy donkerste uur te ondersteun, om die brutale aanslag op Jesus se lewe af te weer. Dit is juis wat die skare en een van die manne wat saam met Hom gekruisig was, voorgestel het.

Die een spot, die ander pleit om genade.

Die een gaan verlore, die ander sal in Jesus se woorde “vandag nog saam in die paradys wees”.

Daar is ʼn  toenemende getal mense op aarde wat deur woord en daad spottend na Jesus verwys. Sy naam word sonder kontekstuele motivering en regverdiging in tekste misbruik terwille van effek. Die heiligheid van die naam gaan by mense verby.

Die laaste woorde van Jesus weergalm deur al die eeue en vorm die basis van die geloof.

“Dit is volbring, Ek het gedoen waarvoor Ek bestem is, die prys is betaal, die oorwinning is behaal”.

In ʼn sin is die leë graf ʼn formaliteit, dit is ʼn vergestalting van die woorde wat Jesus uiter.

Dan word die afstand tussen hemel en aarde oorbrug wanneer Jesus verklaar: “Vader, in U hande gee ek my gees oor”.

Vroeg die Sondag meld ʼn aantal vroue by die graf aan om die laaste rituele wat met die dood en begrafnis van Jesus verband hou, af te handel.

Skok en verbasing oorweldig hulle as die groot swaar klip voor die graf weggeskuif is. “Waar het julle ons Meester begrawe?” vra hulle dringend.

Manne in wit vra waarom die vroue die lewende by die dooies soek. Het Hy dan nie gesê dat Hy sou opstaan nie.

Die graf is leeg. Die Here is nie daar nie.

Ons dien ʼn lewende Here.

Daaroor is daar geen twyfel nie.

Don Francisco sing vertel so treffend die verhaal van die opstanding en dan crescendo die lied in die woorde:

He’s alive, He’s alive, He’s alive and I’m forgiven,

Heaven’s gates are open wide.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.